Herontdek ‘n getroue ou vriend met ‘n winter-‘rooiwynreünie’!

Volgens tradisie is die winter mos rooiwynseisoen, en watter rooiwyn is dan meer tradisioneel as die alombekende en beminde Roodeberg. Hierdie ikoniese rooi versnit is reeds sedert 1949 so deel van die Suid-Afrikaanse landskap soos … wel, braaivleis en biltong. ‘n Getroue ou vriend!

 

Roodeberg is ’n klassieke cabernet sauvignon-gedrewe rooiwyn wat oor die jare heen gegroei het van die wynmeester se oorsproklike versnit tot ’n lekker, hedendaagse wyn.

 

Moenie dat die gras onder jou voete groei nie, neem deel en wen!

Die 2016-oesjaar van hierdie “vloeibare vriend” vul jou glas met geure van bosbessie, gedroogde kruie en vrugtekoek, met sweempies kaneel en donker sjokolade. Verder word ’n titsel sederhout aangevul deur sappige tanniene wat help om die wn lank in die mond te laat talm.

 

Soos dit ‘n ware Suid-Afrikaner betaam, is Roodeberg mal oor hartlike winterbredies en oondgeroosterde geregte. Dit is ook die perfekte pasmaat vir jou gunsteling-vleis op die kole.

 

Gedurende Junie en Julie beloon Roodeberg wynliefhebbers wat hul rooiwyn by toonaangewende wynwinkels koop met ’n allemintige prys, ’n “reünie” van 7 dae op die eiland Réunion. Daar is ook 350 pryse van gehalte-wyntoebehore verskaf deur Yuppiechef. Wees op die uitkyk vir Roodeberg se kompetisie-etiket op die bottel en maak seker om jou deel van Roodeberg se belonings hierdie winter te kry. Die Roodeberg 2016 is landwyd beskikbaar teen sowat R85 per bottel.

 

Word deel van al die aksie deur aan te sluit by die Roodeberg-gemeenskap op Facebook en volg @Roodeberg_Wine op Instagram en Twitter.

 

EINDE

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>