Helderberg-wynklub loop met louere weg by nasionale kompetisie

Date posted:
September 8, 2009

Die wenner van die 26ste Blaauwklippen-versnitkompetisie is vir die tweede agtereenvolgende jaar van die Wes-Kaap. Die Helderberg Quaffers het 70 ander wynklubs uitgestof om met dié eer weg te stap.

 

Hierdie wynklub van Somerset-Wes is nege jaar gelede gestig deur ? klomp vriende wat ? liefde vir wyn het en kom tans maandeliks byeen. Die Quaffers is ? intieme groep met 12 lede, waarvan die meeste sedert die stigting deel is.

 

Hierdie unieke kompetisie is die enigste wynkompetisie in Suid-Afrika waar amateur wynklubs die geleentheid gebied word om hul eie versnitte voor ? paneel wynbeoordelaars en -kenners voor te lê. Pryse sluit wyn van Blaauwklippen in, asook glasware van Vitria, wat ? borg is sedert die kompetisie in die lewe geroep is. Die finaliste word getrakteer op ? prettige en leersame naweek in die wynland.

 

Die wenklub ontvang die eer om hul wyn onder die Blaauwklippen Barouche-etiket te botteleer waarna dit kommersieel verkoop sal word. Die etiket vir vanjaar se versnit is ? spesiaal ontwerpte kunswerk deur die welbekende Stellenbosch kunstenaar, Frans Groenewald. Die wyn word in Magnum-bottels verkoop by geselekteerde kleinhandelaars en vanaf die proelokaal op die plaas.

 

In die finale rondte van die kompetisie het die Helderberg Quaffers te staan gekom teen die Grahamstown Wine Tasting Circle, ? gevestigde wynklub wat in 1977 gestig is; die Wine Appreciation Group, of WAGS soos hulle verkies om genoem te word, ? proe-groep wat uit verveeldheid in 2002 ontstaan het; en die Wino’s van Natal wat reeds 26 jaar bstaan.

 

Hierdie jaar is klubs versoek om ? versnit op te tower van 2008- cabernet sauvignon, 2007- malbec, 2008- merlot en 2008- shiraz. Nadat die klubs die ideale persentasie van die versnit-komponente bepaal het om hul finale wyn op te maak, is die 70 versnitte geproe deur ? paneel wynmakers en wynskrywers om die finale vier te kies.

 

Die uitdaging aan die klubs was om ? komplekse, ernstige, droë rooi versnit met ?  subtiele tannienstruktuur en ? goeie balans te maak –  ? wyn met finesse en varsheid wat gou geniet kan word, maar ook potensiaal het vir veroudering.

 

Oor die algemeen is die versnitte met die meerderheid cabernet sauvignon en shiraz beter deur die beoordelaars ontvang en die gemiddelde telling vir die vier finaliste was tussen 16.17 en 16.37 uit ? totaal van 20.

 

Die Helderberg Quaffers se wenwyn was ? versnit van 35% cabernet sauvignon, 30% shiraz, 20% merlot en 15% malbec.

 

? Nuwe toekenning is vanjaar vir die eerste maal oorhandig, die Nuweling-trofee. Hierdie trofee word aan die wynklub gegee wat die wyn inskryf wat die meeste punte behaal het en nog nooit voorheen aan die kompetisie deelgeneem het nie. Dié eer het vanjaar die Les Amis-wynklub van Bloubergstrand in die Wes-Kaap te beurt geval.

 

Einde

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

© 2024 Planet Wine | All rights reserved | Privacy Policy

Website Design by Bios Bois - Your IT Nerds of the West Coast

facebookinstagram