Drie heerlike sauvignon blanc-plaasvervangers!

Variety is the spice of life! Is dit nie waar nie. Ewe waar is die feit dat wyn nie ’n bestemming is nie, maar eerder ’n wonderlike reis van ontdekking en verkenning.

Sauvignon blanc is ’n wyn wat al die liefde verdien wat dit ontvang. Daar is egter meer as een wit kultivar wat jou eweveel sal laat kwyl oor hul heerlike aromas en geure. Moet dus nie bang wees om die wynreis aan te pak en van hierdie sauvignon blanc-plaasvervangers te probeer nie.

Kan jy die eerste keer onthou toe sauvignon blanc se intense geure jou tong laat gons het? Soek jy dieselfde ervaring in ander wyne? Kyk dan gerus na hierdie plaasvervangers vir sauvignon blanc.

Maar eers, wat maak ’n goeie sauvignon blanc-plaasvervanger? Om daardie vraag te kan beantwoord, moet mens dink aan wat wynliefhebbers in die eerste plek verlief maak op hierdie witte. Veral twee eienskappe staan uit:

Suur: Suur lê aan die hart van wat sauvignon blanc so ’n maklike wyn maak om op verlief te raak. Dit maak dat daardie geure van spanspek, appelliefie en grenadella helderder proe en veroorsaak dat die mond water.

Kruiegeure: Ondanks die lewendige suur van sauvignon blanc in die mond, behou die wyn steeds baie van sy peperige en grasagtige eienskappe wat heelwat geurige kompleksiteit byvoeg. Hierdie “groen” eienskappe is wat sauvignon blanc van baie aromatiese wyne onderskei.

Goed, hier is ’n paar kultivars wat hierdie eienskappe ten toon stel en kan dien as plaasvervangers vir sauvignon blanc. Terselfdertyd kan hulle jou op ’n ongelooflike wynreis sit, indien jy nog op die “stasie” sit en wag op beter dae!

Albariño

Hierdie is nóg ’n Spaanse kultivar, bietjie meer algemeen as verdejo, en staan in Portugal bekend as alvarinho.

Hierdie wyn bied ryper geure van perske, lemoen en spanspek, terwyl dit verseker dat mens nie sy effense vrankheid mis nie.

Die streek in Spanje (asook in Portugal) waar hierdie kultivar verbou word, is naby die see, en soos almal weet, wat saam groei, werk saam. Probeer dit gerus met scallop ceviche vir ’n onvergeetlike ervaring.

Grüner Veltliner

Grüner veltliner (uitgespreek groo-ner velt-leaner) kom hoofsaaklik in Oostenryk voor en is net so lekker om uit te spreek as om te drink.

Wat hierdie kultivar soveel pret maak, is sy speseryagtige profiel saam met sy lewendige geure van pomelo. Daar is ook tekens van wit peper, en selfs die skil van sitrusvrugte.

Grüner veltliner se speseryagtige geure maak van hom ’n puik maat vir Asiatiese kos en vegetariese disse. Dit werk selfs goed met artisjok- en aspersiedisse.

Colombard

Hierdie kultivar is tradisioneel gebruik vir die maak van brandewyn, maar kan ook heerlike en gemaklike enkelkultivarwyne skep.

Wanneer dit toegelaat word om ten volle ryp te word, kan geure van nartjie en perske opgetel word wat die hoë suur van groenappelgeure vergesel.

Nes sauvignon blanc is colombard ’n puik maat vir slaai met bokkaas, soesji en seekos.

EINDE

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>