GROOTE POST STEL PREMIE- WEISSER RIESLING VRY

Groote Post Vineyards, geleë in die Darling-heuwels agt kilometer van die koue Atlantiese Oseaan aan die Kaapse Weskus, het hul reeks puik wyne uitgebrei met die vrystelling van ‘n premie- Weisser Riesling van hul eerste oesjaar, naamlik 2008. Hierdie ekstra-droog Weisser Riesling (met minder as 2.5mg ressuiker) het gebaat by die koel dag- en nagtemperature in die somer wat deur die heersende suidoostewinde veroorsaak word wat uit die rigting van die nabygeleë oseaan waai.

 

Die Groote Post Weisser Riesling 2008 is een van die eerste wyne wat Groote Post se nuwe, klassieke etiket sal dra. Die etikette (en verpakking) is aangepas om die volwassenheid en sterk groei van die Groote Post-handelsmerk beter te reflekteer, asook om die drie reekse wat nou die handelsmerk verteenwoordig beter te onderskei. Die drie reekse is die Groote Post Old Man’s Blend, die Groote Post Range (wat die nuwe Weisser Riesling insluit) en die Groote Post Reserve Range (Sauvignon Blanc Reserve, Wooded Chardonnay en Pinot Noir).

 

Om die Weisser Riesling se luukse-status te beklemtoon, word die lang, slank bottel, wat spesiaal uit Duitsland ingevoer word, verseël met die gesofistikeerde Vino-Lok-sluiter. Vino-Lok se innoverende tegnologie bied die veelsydigheid van ‘n skroefdop, die estetika van ‘n kraffie se dekstuk en, omdat dit ‘n glassluiter met ‘n plastiekseël is, het dit niks van die risiko’s wat met kurk verbind word nie.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Links: Nick Pentz en Lukas Wentzel vier hul eerste Weisser Riesling.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Die Groote Post Weisser Riesling sal landwyd in die kleinhandel by spesialis-wynwinkels vir sowat R88 verkoop word.

 

Lukas Wentzel, wynmaker, is baie tevrede met Groote Post se eerste Riesling. “Ons eerste oesjaar van hierdie baie opwindende kultivar toon sagte blomme-aromas met vlagies kamferfoelie en ‘n vars, sagte, volronde mondgevoel van wit perske. Hierdie aromatiese witwyn reflekteer die koelklimaateienskappe van Groote Post. Ek is oortuig dat hierdie wyn met tyd baie sal verbeter in die bottel. Soos ons jong wingerdstokke volwasse word, sal ons ‘n groter kompleksiteit op ons Riesling vind met vrugtegeure wat sterker deurkom.”

 

Die uitdaging vir die groei van topgehalte Riesling in Suid-Afrika lê in gebiede wat koel genoeg is (en met die regte grond). Groote Post het in hul eerste dekade deeglik geïllustreer dat hulle geseën is met die koel seebries wat regdeur die somer oor hul wingerde waai en wat Nick en Lukas vas glo is ideaal vir die gesonde rypword van Riesling-druiwe.

 

 

 

 

 

 

Regs: Groote Post se kelder en proelokaal met die slaweklok in die voorgrond.

 

 

 

 

Nick Pentz, mede-eienaar van Groote Post, is bewus daarvan dat die mark vir premie- Riesling nog vir ‘n hele ruk ‘n nismark gaan wees. Terwyl Suid-Afrika steeds in ‘n “Riesling-resessie” is,  behoort die wêreldwye “Riesling Renaissance” een of ander tyd hier pos te vat. Nick is van mening dat die vraag tans gedryf sal word deur kieskeurige wyntoeriste in Suid-Afrika wat sy Riesling by top-restaurante of by die Groote Post-proesentrum sal koop, asook uitvoer na veral die VSA (wat grootliks die Riesling-herlewing dryf).

 

Groote Post is ‘n pragtige, geskiedkundige plaas met ‘n ongekunstelde, landelike atmosfeer, golwende heuwels en groot vlaktes. Bo en behalwe wynproe en –verkope, en middagete by Hilda’s Kitchen, bied Groote Post ‘n kinderspeelpark en golwende grasperk waar kinders kan speel, natuurstappe, voëlkyk en wildbesigtigingsritte. Die plaas hou ook groot aantrekkingskrag in vir omgewingsbewustes omdat dit deel is van die bekende Weskus-lenteblomroete.

 

Einde

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>