Groote Post se ikoniese wyne kry nuwe ‘baadjie’

Date posted:
June 28, 2024

Groote Post se twee The Old Man’s Blend-wyne het geen bekendstelling nodig nie. Sowel die rooi as die wit versnit het reeds groot gevolge opgebou en dra die reputasie van hierdie wynplaas landwyd met trots.

Die wyne se nuwe “baadjie” het ’n vars, nuwe voorkoms, maar dis nie juis ’n geval van uit met die oue en in met die nuwe nie. Nee, die nuwe etikette verteenwoordig eerder ’n samesmelting van die twee, van die verskillende geslagte op die plaas, en bevat ’n verwysing na beesboerdery en wingerd wat die Penz-familie se reis van suiwelboere na wynprodusente vier.

Drie geslagte van die Penz-familie – Peter Sr, sy seun Nick en kleinseun Peter Jr – is die dryfkrag agter die vernuwing in die wingerde en kelder op Groote Post in die heuwels buite Darling langs die Kaapse Weskus.

“Ons The Old Man’s Blend-reeks weerspieël moderne sofistikasie sonder om smaak en waarde in te boet,” sê  Peter Pentz Jr, Kommunikasiebestuurder. “Elke bottel is ’n huldeblyk aan ons familie se visie, elke sluk vang die essensie van transformasie vas. Laat ons die verlede omhels, die toekoms groet en die vreugde van die lewe se geure geniet.”

Lukas Wentzel, Groote Post se wynmaker vir meer as twee dekades, sê: “Die ‘nuwe’ Old Man’s Blend-reeks bied dieselfde heerlike smaak wat dit so ’n groot gevolg gegee het. Die rooi versnit word gekenmerk deur framboos- en vars kersie-geure en smaak soos ryp rooi vrugte. Die wit versnit is sauvignon blanc-gedrewe en vertoon tropiese vrugtegeure en ’n vars, lewendige suur met ’n nasmaak van sitrusgeure.”

Koop The Old Man’s Blend-reeks op die plaas en aanlyn by https://groote-post-wines.myshopify.com/collections/all, asook landwyd by uitgesoekte handelaars. Die witte kos sowat R114 per bottel die rooie R119.

Vir meer inligting, besoek www.grootepost.co.za of skakel 022 492 2825 of stuur ’n epos na wine@grootepost.co.za.

einde

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

© 2024 Planet Wine | All rights reserved | Privacy Policy

Website Design by Bios Bois - Your IT Nerds of the West Coast

facebookinstagram