Groot Constantia stel nuwe ‘wyn van oorvloed’ bekend!

Groot Constantia het ’n nuwe rooiwyn met die naam Lady of Abundance bekend gestel wat beloof om rooiwynliefhebbers voortaan met groot afwagting te laat uitsien na elke nuwe oesjaar!

Die Groot Constantia Lady of Abundance 2017 is ’n spesiale versnit van pinotage, shiraz en merlot uit die hande van die bekroonde wynmaker, Boela Gerber.

“Lady of Abundance is ’n komplekse premie-wyn gevul met ryk, intense geure,” sê Gerber. “Dit is ’n veelsydige wyn met fyn tanniene wat goeie verouderingspotensiaal inhou. Die skep van hierdie unieke wyn beklemtoon die diversiteit van die grond, en vir hierdie eerste oesjaar het ons shiraz, merlot en pinotage versny om ’n opwindende geurprofiel ten toon te stel. Dit was, stilisties gesproke, die moeilikste wyn wat ek nóg gemaak het.

“Groot Constantia se wyne is tradisioneel en word gelei deur die respek wat ons vir die ryk erfenis van hierdie eeue oue landgoed het. Lady Of Abundance laat meer kreatiwiteit en vryheid van uitdrukking toe aan die wynmaakspan, en elke jaar sal dit die gehalte van die landgoed se oes beliggaam.”

Hierdie nuwe wyn, wat geïnspireer is deur die standbeeld van die Lady of Abundance wat op die gewel van Groot Constantia se herehuis staan, bring hulde aan die oorvloed van die landgoed se uiteenlopende terroir wat reeds 333 jaar lank onophoudelik top wyne oplewer. Groot Constantia is die oudste wynproduserende plaas in Suid-Afrika en sy wyne bly toekennings regoor die wêreld inpalm. Hulle het saam reeds meer as 100 goue medaljes net in die afgelope dekade gewen.

“Ons wou Groot Constantia vereer met hierdie nuwe wyn, en ook sommer die unieke terroir waarmee die landgoed huldig geseën is, ten toon stel,” sê Jean Naudé, Groot Constantia se HUB. “Lady of Abundance is eintlik ’n gebottelde viering en uitbeelding van elke jaar se oorvloedige oes op Groot Constantia. Elke jaar sal ’n verskillede versnit en geurprofiel oplewer.”

Die Groot Constantia Lady of Abundance 2017 is op die landgoed beskikbaar, asook by uitgesoekte restaurante en drankwinkels.

Vir meer inligting, besoek www.grootconstantia.co.za of maak kontak met Groot Constantia via sosiale media op Twitter, Facebook en Instagram @GrootConstantia.

EINDE

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>