Great Wine Capitals gee opdrag vir navorsing oor wyntoerisme

Date posted:
August 11, 2009

Om die eerste dekade van sy bestaan te vier, belê die Great Wine Capitals Global Network (GWC) in topvlak-navorsing oor wyntoerisme geldig vir alle wynproduserende lande. Hy het ook aan ’n wêreldbekende kunstenaar opdrag gegee om ’n reeks trofeë te ontwerp wat vir die wenners van sy jaarlikse Best of Wine Tourism-toekennings.

 

Die GWC is in 1999 in Frankryk gestig om die uitruiling van reis-, opvoedkundige en sake-inligting aan te moedig ten einde standaarde in globale wyntoerisme te verhoog. Die GWC skep gemeenskaplike projekte gemik op volhoubare ontwikkeling en die mededingendheid van sy lidstreke. Die lede is Bilboa-Rioja (Spanje), Bordeaux (Frankryk), Kaapstad-Kaapse Wynland (Suid-Afrika), Florence (Italië), Mainz-Reinhesse (Duitsland), Mendoza (Argentinië), Porto (Portugal) en San Francisco-Napa Valley (Verenigde State).

 

Die GWC het €10 000 toegeken vir twee studies aan navorsers in onderskeidelik Kalifornië en Portugal. Die twee navorsers is Ian McNeil, wat al meer as twintig jaar by die wynbedryf in die VSA betrokke is, en die Suid-Afrikaans-gebore Carla Silva, ’n spesialis in bemarking en kommunikasie wat tans in Portugal woon.

 

McNeil, ’n projekkoördineerder in gaste- en toerismebestuur aan die Napa Valley College, sal navorsing doen oor die uitwerking van wyntoerisme op die Napa-vallei in Kalifornië, die bes gevestigde wyntoerismebestemming ter wêreld, met sowat 8 miljoen besoekers per jaar. Wingerdbou en die gastebedryf is die twee voorste skeppers van werkgeleenthede in die streek en McNeill gaan ondersoek instel na kritieke vraagstukke in die streek, soos verkeersopeenhoping, dalende watervoorrade en die invloed van plaaslike inwoners.

 

“Sy navorsing kan verreikende implikasies vir ons wyntoerismestreke inhou,” het Fernando Urdaniz, Argentinië se verteenwoordiger in die GWC se opvoedingskomitee, gesê. “Ons kan sy bevindings gebruik om weer na ons eie strategieë en infrastruktuurbehoeftes te kyk om die grootste voordeel uit die streke se toerismepotensiaal te haal sonder om hul natuurlike hulpbronne te benadeel.”

 

Carla Silva, wat vir ’n meestersgraad in bemarking studeer, gaan navorsing doen oor die persepsies van die wyn- en kelderervarings van verbruikers van Generasie X (gebore van 1965 tot 1977) en Generasie Y (1977 tot 1988) in sowel Portugal se die Douro-vallei en in die Napa-vallei. Dié studie sal kyk na die uitwerking wat die wynbedryf se kommunikasie-inisiatiewe op dié verbruikersgroepe het om so ’n grondslag vir beter reklame, openbare betrekkinge, bemarking en verkope te skep.

 

Hoewel mense in hul twintiger- tot veertigerjare in lande soos die VK, Skandinawië en Noord-Amerika wyn al meer as hul voorkeurdrank aanvaar, wynverbruik die afgelope twintig jaar in tradisionele wynproduserende lande dramaties gedaal het.

 

“Verlede jaar het die wêreld gemiddeld 3,5 liter per kop verbruik, ’n hele liter minder as in 1990. Die rede lê grootliks in die ontwikkelde wynmarkte in die Europese Unie, waar veranderings in leefstyl ’n belangrike rede vir die daling was. Vir Europeërs met ’n al vinniger leefstyl het koeldrank, sap en gebottelde water wyn vervang, veral onder jongmense.”

 

Die GWC is vol vertroue dat die nuwe navorsingsinisiatief die taak van die Best of Wine Tourism-toekennings in die bevordering van die volhoubare ontwikkeling van die GWC se wyntoerismebedrywe sal aanvul.

 

Die GWC se Best of Wine Tourism-toekennings gee erkenning aan die voorste kuns en kultuur in die wynproduserende streke, asook hul verblyf, wyntoerisme-eetervarings, argitektuur, parke en tuine, vernuwende wyntoerisme-ervarings en volhoubare wyntoerismepraktyke. Die toekennings word op nasionale vlak gemaak, en ’n algehele wenner word in elke GWC-hoofstad gekies. Dié ding dan om die internasionale toekenning in elke kategorie mee. Die wenners word aangekondig by ’n glansgeleentheid wat om die beurt deur elk van die lede van die GWC aangebied word. Vanjaar gaan dit op 5 November in Bordeaux plaasvind.

 

Einde

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

© 2024 Planet Wine | All rights reserved | Privacy Policy

Website Design by Bios Bois - Your IT Nerds of the West Coast

facebookinstagram