GRAÇA laat mens lewe geniet, skroefdop en al!

Date posted:
May 31, 2012

Graça, Suid-Afrika se gewildste praat-, eet-, lag-, sing- en bowenal mededeelsame wyn, het sy tradisionele kurkprop vir ’n skroefdop verruil.

 

Van middel Junie sal wynliefhebbers merk elke bottel het ’n kurk-sleutelring met die boodskap “Sterf binnekort uit”. Hierdie verpakkings, waarvan daar net ’n beperkte getal is, wil mense met ’n glimlag laat besef dat kurkbome beskerm moet word, maar hulle ook laat weet wat die voordele van skroefdoppe is.

 

“Navorsing toon dat wyn in bottels met skroefdoppe onbesoedeld bly en hul smaak en varsheid behou,” sê Vanessa Kok, die handelsmerk se woordvoerder.

 

Graça is in 1983 as Suid-Afrika se eerste witwyn in die Mediterreense styl bekend gestel. Dis lig, fris en jeugdig, met die beroemde vinho verde-wyn van Portugal as inspirasie. Dit het só goed by die plaaslike leefwyse ingepas dat dit sy aanvanklike posisionering in bykans 30 jaar nooit verander het nie.

 

Die handelsmerk het lojale aanhangers geskep omdat dit by feitlik enige kos pas, maar veral by seekos.

 

Graça Rosé is in die vroeë jare negentig bekend gestel en was onmiddellik gewild onder verbruikers.

 

Graça en Graça Rosé verkoop teen sowat R28 per bottel.

 

Einde

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

© 2024 Planet Wine | All rights reserved | Privacy Policy

Website Design by Bios Bois - Your IT Nerds of the West Coast

facebookinstagram