Glen Carlou stel eerste oesjaar van sy Collection White Blend bekend

Kort op die hakke  van sy hoog aangeskrewe en internasionaal bekroonde Red Blend, het Glen Carlou pas die Collection White Blend 2020 die lig laat sien. Die landgoed se Collection-portefeulje bestaan uit individuale wyne wat gemaak word van druiwe uit klein, uitsonderlike wingerdblokke.

Die uitsonderlike en natuurlik gegiste Collection White Blend 2020 bestaan uit drie kultivars, naamlik sauvignon blanc (36%), semillon (34%) en chardonnay (30%). Onder die waaksame oog van die keldermeester, Johnnie Calitz, is natuurlike gisting toegelaat om ’n verskillende element en profiel na die wyn te bring. Die drie kultivars vloei soomloos saam om ’n fors en onvergeetlike versnit te vorm.

Die sauvignon blanc- en semillon-druiwe kom uit droëland-bosstukwingerde in die Groenekloof-wyk van Darling, terwyl die chardonnay uit Glen Carlou se Simonsberg-wingerdblok kom. Die sauvignon blanc-komponent verryk die versnit met aromas van appelliefie en ’n sterk minerale kern, die chardonnay voeg tekstuur en digtheid by, en die semillon onthul uitlokkende geure van blomme, wit peper en sitrusbloeisels.

“Dis ’n fors en opwindende wyn, tegelyk statig en subtiel,” sê Calitz. “Die gladde en getekstureerde kern kombineer lewendige suur en gulhartige vrugtegeure verryk deur die gisting en houtveroudering. As die wyn effe verkil bedien word, kom die romerige eike-vanilliene na vore en onthul spesery- en blomme-eienskappe. Die etlike lae geure en verfynde struktuur maak van hom die ideale koswyn. Dis ’n soomlose wyn waar die komponente in perfekte balans is.”

Die Glen Carlou Collection White Blend 2020 is op die landgoed of via die aanlynwinkel beskikbaar teen R310 per bottel.

Vir meer inligting, besoek www.glencarlou.com.

EINDE

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>