Die verkope van Two Oceans, een van Suid-Afrika se voorste wynhandelsmerke, groei ondanks die ekonomiese afswaai teen dubbelsyfers wêreldwyd terwyl dit ook sy aansien by invloedryke wynskrywers verhoog.
Verlede jaar het Robert Parker se gesaghebbende Wine Advocate A+-puntetellings aan die 2007 Shiraz en die 2008 Sauvignon Blanc toegeken. Vanjaar is dit ? ander toonaangewende Amerikaanse tydskrif, Wine Spectator, wat in sy Maart-uitgawe ? A-punt aan die 2008-oesjare van die Two Oceans Cabernet/Merlot en die Sauvignon Blanc gee.
Op sy beurt het die hoog aangeskrewe Kanadese wynkenner Rod Phillips ook pas van die Two Oceans-wyne ingesluit by sy internasionale lys van die 500 wyne wat in 2009 die beste waarde bied in die uitgebreide verskeidenheid wat deur die Liquor Control Board of Ontario, die wêreld se grootste wynkleinhandelaar, verkoop word.
Phillips, ? gereelde lid van internasionale beoordelaarspanele, het vier sterre toegeken aan die 2007 Two Oceans Sauvignon Blanc, wat hy beskryf as “lieflik”, met “goed gedefinieerde en netjies gekonsentreerde geure en ? skoon, fris tekstuur”. Die 2006 Shiraz noem hy “vol geur, met ? gemaklike tekstuur”.
Die 2008-oesjaar van die shiraz word op sy beurt aanbeveel deur die wyd gesindikeerde Amerikaanse wynskrywer Fred Tasker, wat dit loof vir sy “rokerigheid en sy swartbessie- en melksjokoladegeure” en sy sagtheid in die mond.
Plaaslik verkoop Two Oceans-wyne vir gemiddeld sowat R25.
EINDE
© 2024 Planet Wine | All rights reserved | Privacy Policy
Website Design by Bios Bois - Your IT Nerds of the West Coast