Geniet ‘n warm winter met Klipdrift Gold

Date posted:
June 22, 2011

Volgens oorlewering het die St Bernard-honde in die Alpe brandewynvaatjies om hul nekke gedra om diegene wat vasgekeer is in die sneeu ietsie teen die ysige koue te bied. Ander sê weer dié storie het sy oorsprong in die ooraktiewe verbeelding van die Engelse kunstenaar, Edwin Landseer, wat in 'n skildery van 1820 uitgebeeld het hoe dié berghonde, vaatjie om die nek, 'n reisiger in nood te hulp snel.

 

Hetsy legende of die waarheid, die gladde, uitsonderlike Klipdrift Gold bly 'n ideale verwarmer van die innerlike op ‘n koue wintersaand.

 

Klipdrift Gold is 'n goed gebalanseerde potketelbrandewyn gemaak deur die brandewynmeester, Johan Venter. Die elegante Klipdrift Gold met sy vrugtige profiel en goue glans  is 'n versnit van brandewyne tot 21 jaar oud en jonger komponente. Die resultaat is ’n uitsonderlike eindproduk wat onmiskenbare veroudering en dinamiese jeug in perfekte ewewig hou.

 

Geniet die ryk, goudkleurige brandewyn in 'n brandewynglas  saam met 'n keur van neute en harde kase. ’n Aanvanklike aroma van ryp perskes, pere en sitrus wat aangevul word deur titseltjies soet speserye, sjokolade en haselneut bied ’n kompleksiteit van geure wat verder in die glas tot hul reg kom.

 

Klipdrift Gold is beskikbaar by voorste drankwinkels en verkoop teen sowat R200 per bottel.

 

Einde

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

© 2024 Planet Wine | All rights reserved | Privacy Policy

Website Design by Bios Bois - Your IT Nerds of the West Coast

facebookinstagram