Geniet Monis Pale Dry-sjerrie met kos

Date posted:
February 23, 2011

Pleks van jou Monis Pale Dry vir daardie kouer aande te spaar, wees kreatief en ontdek die veelsydigheid van sjerrie wanneer dit met kos geniet word.

 

Neem jou Monis Pale Dry saam kombuis toe en let op hoe dit soppe, souse en reduksies transformeer. Met sy oorvloed geure kan sjerrie met ’n verskeidenheid van disse gepaar word. Dink maar net aan speseryagtige garnale, skyfies kalfsvleis, en lynvis in ’n makadamianeutkors, of skep ’n peuselbord met Parma-ham, fyn gesnyde volstruisbiltong, neute en sterk gegeurde kase.

 

Monis Pale Dry word van chenin blanc-druiwe uit die Stellenbosch-omgewing gemaak. Die druiwe word met die hand gepluk wanneer hulle op hul rypste en vol geur is. Hulle word dan fyn gedruk en die moer word gegis om ’n droë witwyn te maak. Nadat dit gefortifiseer is tot 15,2% alkohol, word die wyn met flor-gis ingeënt vir die sekondêre gisting. Dit bring dan drie jaar in eikehouvate deur. Die vate word net sowat vyf-sesdes gevul sodat genoeg plek gelos word vir die flor om uiteindelik ’n film of “kombers” bo-op die wyn te vorm. Dit verleen die unieke smaak en boeket aan droë sjerrie. Hierdie proses word gevolg deur drie jaar se veroudering in die solera-stelsel waartydens hierdie uitmuntende sjerrie sy neutagtige, ryk geure verkry.

 

Die geure is uiteenlopend en tog goed gebalanseer. In die neus lei die komplekse kombinasie van sout en sitrus tot ryp peer en neute. In die mond is die sjerrie skoon, met tekens van mineraalagtigheid, ’n droë lemmetjiegeur en kasjoeneute wat in ’n ryk, neutagtige en lang, droë nasmaak eindig.

 

Monis Pale Dry-sjerrie kos sowat R60 per 750 ml bottel.

 

Einde

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

© 2024 Planet Wine | All rights reserved | Privacy Policy

Website Design by Bios Bois - Your IT Nerds of the West Coast

facebookinstagram