Geniet hierdie Amarula-drankie enige tyd, selfs oor Paasnaweek

Date posted:
March 29, 2012

Pase is ’n tyd vir familie en vriende, soektogte na Paaseiers, luilekker middae en ’n bietjie te veel van alles! Vier dié geleentheid met dié Afrika-drankie as deel van ’n Suid-Afrikaanse weergawe van die tradisionele “advokaat”. Ons noem dit sommer “Amvokaat”!

 

Amarula-advokaat (“Amvokaat”)

 

Vier bedienings

 

Bestanddele

6 eiers

¼ koppie suiker

4 koppies melk

1 t vanielje

Groot knypie neutmuskaat

Groot knypie kaneel

90 ml Amarula

30 ml Van Ryn’s Distillers Reserve 12 Year Old Brandy

Gerasperde neutmuskaat vir garnering

 

Metode

Breek die eiers in ’n bak, voeg die suiker by en klop tot die suiker opgelos het. Voeg die helfte van die melk by en meng deeglik.

 

Plaas op lae hitte en meng deurlopend tot die mengsel dik word. Hou die mengsel goed dop, want dit kan maklik té gaar kook. Haal dit onmiddellik van die hitte af as dit lyk of dit gaan kook.

 

Voeg die melk, neutmuskaat en kaneel by, meng deeglik en plaas in ’n koelkas om af te koel. As dit effens geskei het, kan jy dit met ’n houtmenger regstel wanneer dit koel is.

 

Meng die afgekoelde mengsel met die Amarula en Van Ryn’s Distillers Reserve 12 Year Old Brandy en garneer met gerasperde neutmuskaat.

 

Gaan na www.amarula.com of www.facebook.com/amarula vir nog wonderlike resepte en interessante feite oor Amarula.

 

Einde

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

© 2024 Planet Wine | All rights reserved | Privacy Policy

Website Design by Bios Bois - Your IT Nerds of the West Coast

facebookinstagram