Geniet en waardeer wyn, maar hou matigheid voor oë

Is wyn gesond? Om hierdie vraag te kan beantwoord, moet mens kyk na wat in die glas is.

85% GOED: Jou glas bevat hoofsaaklik water, antosianien (’n anti-oksidant) en polifenole (insluitende tanniene en resveratrol). Al hierdie bestanddele het hulself reeds bewys as goed vir jou.

15% SLEG: Die agterbakse sy van wyn! Tegnies gesproke bevat wyn enigiets van 5,5% tot 21,5% “sleg” in die vorm van alkohol.  Alkohol of etanol is toevallig ’n senuweegif (dis wat mens dronk maak!), en wanneer dit in jou lewer verwerk word, verander dit in ’n karsinogeen genaamd asetaldehied. Ongelukkig is wyn sonder alkohol geen pret nie, eintlik maar net vrugtesap wat wyn (onsuksesvol) probeer naboots.

Wat is binne-in wyn?

Die kalorieë in wyn kom van die alkohol, maar wyn bevat darem ook ander goed van belang.

Wat is die geheim?

Wel, matig drink … as jy jou wynverbruik op ’n gesonde vlak wil hou. Dis so eenvoudig.

Wat is matig drink?

Daar is verskillende menings oor wat matig in hierdie verband beteken, maar die algemene gevoel is dat vrouens nie meer as 7 glase wyn per week moet drink nie en mans nie meer as 14 glase nie.

Voordat die skoner geslag die #metoo-beweging se hulp inroep, daar is glo ’n wetenskaplike rede dat mans meer kan drink as vrouens. En dit het niks met seksisme te doene nie. Mans het meer van die ensieme wat alkohol verwerk as vrouens … met ’n faktor van byna twee.

Wat is die maksimum wat mens per dag mag drink?

As jy van wyn hou, sal jy elke nou en dan bietjie wil losbreek. Dis te verstane. As jy egter onder die daaglikse limiet vir “buitensporig drink” wil bly, soos aangedui deur die Dietary Guidelines for Americans (2015-2020), is hierdie waarna jy moet mik:

·         Vir vrouens, nie meer as 3 glase wyn per dag

·         Vir mans, nie meer as 4 glase wyn per dag

Moet egter nie van die beginsel van maksimum 7 glase per week vir vrouens en 14 glase per week vir mans vergeet nie. Voeg dus ’n paar alkoholvrye dae by jou week as jy wil handuit ruk.

Leef gesond: Hou by jou limiete

Navorsing vir hierdie artikel dui duidelik daarop dat matig drink die slimste ding is om te doen. As jy dus ’n slim, produktiewe mens is, is dit miskien ’n goeie idee om matigheid ’n jaar lank te probeer. Jy sal nie spyt wees nie en dit dalk permanent doen.

As jy ’n sportiewe soort is, of die buitelewe baie geniet, sal jy beslis ook baat vind by matigheid.

Balans is ALLES in die lewe, en te veel alkohol versteur mens se lewensbalans. Dit laat jou ook tyd verloor wat eerder (heeltemal nugter en helder) aan die plesierighede van die lewe bestee kon word.

Oukei, wie is met my?

EINDE

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>