Geniet die “perfecto”-kombinasie van twee klassieke Italianers met Anthonij Rupert Wyne hierdie winter!

Die Italianers noem dit la dolce vita, die lekker lewe. Maar dit is veel meer as net ’n gesegde, dis ’n leefwyse wat om goeie kos, goeie wyn en goeie geselskap draai. En gepraat van la dolce vita, daar is min dinge so Italiaans soos sangiovese en lasagne.

 

Met hierdie leefstyl van goeie kos, goeie wyn en goeie geselskap in gedagte, het die kulinêre span van die Terra del Capo Antipasti Bar, geleë op Anthonij Rupert Wyne buite Franschhoek, besluit om sangiovese en lasagne te kombineer as deel van hul winterspyskaart van Italiaans-geïnspireerde disse.

 

Die sjef HW Pieterse gee die “geheime seisoen” ’n smaaklike, nuwe dimensie met ’n heerlike kombinasie van die landgoed se Terra del Capo Sangiovese en ’n ewe egte min-lasagne op die huidige antipasti-spyskaart. Tamatie, soos baie koskenners weet, is nogal moeilik om met wyn te kombineer. Dis waar sangiovese tot sy reg kom. Hierdie Italiaanse wyn is ’n natuurlike pasmaat vir stadig gekookte, tamatie-gebaseerde disse, en die Terra del Capo Sangiovese se ryp kersie-, pruim- en speserygeure komplementeer moeiteloos die tuisgemaakte lasagne se ryk, vleisagtige tekstuur en intense tamatiegeur.

 

Die Terra del Capo Sangiovese 2014 is gemaak van volryp druiwe wat saggies gepars is. Die sap is toe gegis en die wyn is vir 12 maande verouder in Franse eikehoutvate van 500 liter en daarna vir nog 10 maande in die bottel. Die wyn stel geure van kersies, bosbessies en speserye vry, en sy aanloklike vrugtigheid word pragtig gebalanseer deur ligte houtgeure. Hoewel dit ’n komplekse wyn is, is dit baie toeganklik en bederf die talmende nasmaak met ligte geure van kakao. Dit is by die Terra del Capo-proelokaal beskikbaar teen R85 per bottel.

 

Die Terra del Capo Antipasti Bar is oop van Dinsdag tot Sondag (slegs vir middagetes), maar voorafbespreking is noodsaaklik. Om te bespreek, skakel 021 874 9074 of stuur ’n epos aan tasting@rupertwines.com.

 

EINDE

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>