Gabriëlskloof vier ’n dekade van sy gewilde Rosebud Rosé

Dis die wyn vir romanse, vir vakansie, vir ontspan en vir uitspan. Dis rosé, en Gabriëlskloof naby Botrivier vier vanjaar die tiende oesjaar van sy gewilde Rosebud Rosé. Die Gabriëlskloof Rosebud Rosé 2019 flankeer met die tong, nes die koel seebriese wat die wingerde afkoel.

“Die 2019- Rosebud Rosé sit ons jongste neiging voort om ’n droë, ligte en meer Provensaalse styl van rosé te maak,” sê Gabriëlskloof se keldermeester, Peter-Allan Finlayson. “Ons het ook die etiket vernuwe om hierdie nuwe, vars aanslag te weerspieël.”

Rosebud is ’n versnit van eweveel syrah en viognier. Die druiwe is van Gabriëlskloof se wingerde wat groei in die Botrivier-wyk waar die suidewind van die nabygeleë Atlantiese Oseaan ’n meso-klimaat skep wat ideaal is vir wingerde met lae opbrengste.

“Verwag sappige vrugte-aromas in die neus – waatlemoen, papaja en aarbei,” sê hy. “Die smaak is lig en somers, met ’n gebalanseerde suur wat varsheid byvoeg.”

Die Gabriëlskloof Rosebud Rosé 2019 is op sy beste as dit koud bedien word, en Finlayson stel voor die wyn word binne ’n jaar of twee geniet word. Dis heerlik op sy eie, maar ook die perfekte pasmaat vir ’n verskeidenheid ligter disse.

Die wyn is op die landgoed teen R80 per bottel beskikbaar, of aanlyn by www.gabrielskloof.co.za.

Vir meer inligting of enige navrae, kontak Gabriëlskloof by 028 284 9865 of info@gabrielskloof.co.za. Volg die plaas op sosiale media @Gabrielskloof.

EINDE

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>