Franschhoek skud vere reg vir ‘Winter Wines 2019’

Die winter het opgedaag en dit beteken net een ding, Franschhoek is #OpenForWinter. Trotseer die kouer weer en kies op Saterdag, 15 Junie, koers na Franschhoek-kelder vir die jaarlikse Franschhoek Winter Wines wat van 11vm tot 4nm aangebied word.

Franschhoek-kelder gaan die ideale kuierplek wees om skouer te skuur met die streek se wynmakers en hul rooiwyne te geniet. En nes ’n ete sonder wyn soos ’n dag sonder sonskyn is, selfs in die winter, is wyn sonder iets om aan te peusel byna ondenkbaar. Die rooiwyne wat ten toon gestel sal word, kan op die dag met heerlike, heilsame kos geniet word, nie net om die dag in ’n gastronomiese fees om te skep nie, maar ook om bietjie van die byt uit die winterkoue te neem.

Lewende musiekvermaak sal sorg dat die dag in die Franschhoek-wynvallei ’n onvergeetlike ervaring is.

Kaartjies vir Franschhoek Winter Wines kos R295 per persoon en is beskikbaar by www.webtickets.co.za. Die kaartjie sluit in ’n komplimentêre wynglas, ’n proe van al die wyne op die fees en ’n R20-koepon wat op die dag gebruik kan word.

Vir ’n bykomende fooi kan ’n begeleide proe saam met een van die vallei se wynmakers geniet word. Dis ook ’n geleentheid om meer van wyn en die kuns van wynmaak te leer. Hou die media dop vir besonderhede hieroor.

Toegang en kaartjies vir die begeleide proeë is beperk en belangstellendes word aangeraai om vooraf te bespreek. Vir meer inligting, skakel 021 876 2861 of stuur ’n epos aan info@franschhoek.org.za. 

EINDE

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>