Franschhoek skud vere reg vir ‘Summer Wines 2018’

Die somer is in volle swang en dis weer die ideale geleentheid om die wyne te proe wat hierdie seisoen ekstra spesiaal maak. Franschhoek se jaarlikse somerwynfees, Summer Wines, vind volgende jaar op Saterdag, 3 Februarie, van 12nm tot 5nm op Leopard’s Leap Family Vineyards plaas en gaste kan weer eens uitsien na ’n intieme en eksklusiewe samekoms waar die wyne van die lede van Franschhoek Vignerons geniet kan word.

 

Dié wyne sluit wit, rooi, rosé en sjampanje (in SA bekend as Méthode Cap Classique of MCC) in en is spesifiek deur die onderskeie wynmakers gekies om die warm somersdae te komplementeer.

 

Maar wat is wyn sonder kos? Die sjef, Pieter de Jager, en sy span sal seker maak dat die wyne nie net perfek by die kos pas nie, maar ook by die weer. Verder sal lewende musiek verseker dat almal ’n perfekte somersdag in die Franschhoek-wynvallei deurbring.

 

Gaste kan ook hul deel bydra om dit ’n viering van die somer te maak deur lig en elegant wit geklee die somerwynfees by te woon.

Kaartjies vir Summer Wine kos R220 per persoon en kan aanlyn by www.webtickets.co.za gekoop word. Die kaartjies sluit toegang, ’n komplimentêre wynglas en 15 proekoepons in. Voorafbespreking is noodsaaklik aangesien die kaartjies beperk is.

 

Vir meer inligting, kontak die Franschhoek-wynvallei se kantoor by 021 876 2861 of info@franschhoek.org.za.

 

EINDE

 

Franschhoek gears up for Summer Wines 2018

 

Summer is in full swing and it’s the perfect opportunity to sample seasonal inspired wines at the annual Franschhoek Summer Wines on Saturday, 3 February, at Leopard’s Leap Family Vineyards.

 

Summer Wines is an intimate and exclusive social calendar highlight where the Franschhoek Vigneron’s choices for summer will be showcased. These include a superb selection of white, rosé,  Méthode Cap Classique and light red wines.

 

The wines on show have been carefully selected by the winemakers to complement the hot summer days. And what would wine be without delicious food? Chef Pieter de Jager and his team will ensure the food offerings not only match the wine, but the weather too. Live music will add the final touches to what promises to be the perfect day out in the Franschhoek Wine Valley.

 

Keep things cool, and dress elegantly in white. Tickets, cost R220 per person, and can be purchased via www.webtickets.co.za. The cost includes entry, a complimentary tasting glass and 15 wine tasting coupons, which can be redeemed on the day of the show between 12pm and 5pm.

END

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>