Four Cousins vier 18 jaar met vars, nuwe swier

Van Loveren se Four Cousins-handelsmerk laat skiet vanjaar die vonkelproppe op ’n reuse-mylpaal, sy 18de verjaarsdag! Four Cousins vier dié spoggerige geleentheid met ’n nuwe verpakking vir sowel sy gewilde vonkel- en stilwynreekse in, en plaas die kollig opnuut weer op elke bottel Four Cousins se kwaliteit, styl en egtheid.

Dit lig ook iets veel dieper as die handelsmerk se geskiedenis uit. “Dit laat ons nederig voel as ons sien op welke wyse Four Cousins deur Suid-Afrikaners omarm word, regdeur die land en onder sowel ouer as jonger wyndrinkers,” sê Phillip Retief, HUB van Van Loveren Family Vineyards.

“Mense identifiseer met die ‘Four Cousins-familie’ en sommige verwys selfs gereeld na hulself as die 5de nefie of niggie. Hulle vind aanklank met dit wat Four Cousins verteenwoordig – vriendskap, familie en spesiale herinneringe.”

Een-en-‘n-half liter heerlike rooiwyn, ‘n “party pack” vir die winter!

Four Cousins is die land se grootste verkoper in die gebottelde wyn-segment. Dit was in die middel 1990s wat Hennie, Neil, Bussell en Phillip kragte saamgesnoer het. Soos hulle een na die ander hul studies voltooi het, het hulle by die familieplaas naby Robertson aangesluit.

Die onverskrokke viertal het in 2000 ’n wyn gemaak wat hulle net eenvoudig met wynliefhebbers moes deel. Hulle het alles in hierdie nuwe projek ingesit – hulle het selfs hul gesigte op die etikette laat druk as ’n persoonlike onderskrywing – en Four Cousins geloods.

“As ons nou terugkyk, was ons baie gelukkig met Four Cousins,” sê Phillip. “Almal het een of ander gelukskoot in die lewe nodig en Four Cousins het dit vir ons as die derde geslag op Van Loveren gebied.”

Vandag word Four Cousins in meer as 62 lande geniet en die jongste opknapping sal beslis nog meer volgelinge lok. “Ons is opgewonde oor die nuwe verpakking wat aan die vooraand van Four Cousins se 18de verjaarsdag bekend gestel word, maar dis ook ’n manier om te sê: Dankie, Suid-Afrika,” sê Phillip.

Een-en-‘n-half liter heerlike witwyn, die ideale “party pack” vir die somer!

Die belangrikste eienskappe van die opgradering van die stilwyne sluit onder meer in:

  • Asemrownede gerief met die hele reeks wat nou ’n skroefdop het;
  • ’n Treffende nuwe voorkoms en gevoel met indrukwekkende veranderinge aan die kleur;
  • ’n Nog meer onmiskenbare voorkoms danksy die helderder styl en ’n groter etiket.

“Four Cousins se nuwe voorkoms was beslis nie maklik om vas te vat nie,” sê Phillip. “Daar is altyd risiko’s wanneer jy poog om verpakking – wat oor die afgelope 20 jaar slegs geringe veranderinge ondergaan het – te verbeter.”

Daar is vier wyne in die Four Cousins-vonkelwynreeks wat heerlik is as aperitif of saam met kos. Hulle is die Four Cousins Sparkling Red, Four Cousins Sparkling Blush, Four Cousins Sparkling White en Four Cousins Sparkling Sauvignon Blanc (heel bo).

Four Cousins is ook beskikbaar as gewilde wyne in 500ml-, 750ml- en 1,5L-bottels. Daar is die The Collection-kultivarwyne, sielvolle likeurs, die gesonder laer-kilojoule Skinny-handelsmerk en die 3L-reeks.

Deel jou Four Cousins-herinneringe aanlyn en maak seker jy tag Four Cousins op Facebook (https://www.facebook.com/fourcousins/) en Twitter (@4CousinsWine). Ons is ook op Instagram.

Vir meer inligting, skakel 021 615 1505 of stuur ’n epos na info@fourcousins.co.za, of besoek www.fourcousins.co.za.

EINDE

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>