Four Cousins stel opgeknapte reeks enkelkultivarwyne bekend

Four Cousins, Van Loveren in die Robertson-wynstreek se bekende en gewilde handelsmerk, bied nou sy reeks gewilde enkelkultivarwyne onder een etiket, Four Cousins Collection.

Die Four Cousins Collection sluit Suid-Afrika se gewildste rooi- en witwyne in, naamlik dié gemaak van sauvignon blanc en merlot, asook chardonnay en cabernet sauvignon. En dan is daar natuurlik ook die eg Suid-Afrikaanse pinotage.

Die Four Cousins Collection Chardonnay word beskryf as is ’n “minder ernstige” wyn met vars bloedlemoen- en romerige sitrus-vanielje geure. Die Sauvignon Blanc is vars en geurig met tropiese vrugte in die neus en ryp vye op die tong.

Die Merlot bied sagte bessie- en geroosterde vanieljegeure met ’n tipiese moerbei- en somervrugsmaak. Ryk sjokolade- en geroosterde mokkageure kom by die Cabernet Sauvignon na vore met elke slukkie wat aan ryp swartaalbessies herinner.

Die Four Cousins Collection Pinotage toon pragtige aarbei en swart kersie in die neus, met lae donker vrugte, vanielje en speseryagtigheid wat sy geurprofiel kenmerk.

Die Four Cousins-reeks is in 2000 bekend gestel en een van die landgoed se grootste suksesverhale.

Die Four Cousins Collection is beskikbaar by www.fourcousins.co.za of Makro, Ultra Liquors, uitgesoekte Spar-winkels, Food Lovers Market en Kaap Agri. Die voorgestelde kleinhandelprys is slegs R59.99 per bottel, met ’n huidige promosieprys van R100 vir twee bottels.

Vir meer inligting, skakel 023 615 1505, stuur ’n epos aan info@fourcousins.co.za of besoek www.fourcousins.co.za.

EINDE

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>