Four Cousins Light Natural Sweet Rosé eerste uit die wegspringblok

Date posted:
February 12, 2010

Dis nie die eerste keer dat ‘n Four Cousins Light-wyn die eerste van die nuwe oesjaar is om op winkelrakke te pronk nie. Die Four Cousins Light Natural Sweet Rosé 2010 sal van Maandag, 15 Februarie, af beskikbaar wees, aanvanklik by Ultra Liquors-takke landwyd, gevolg deur ander wyn-kleinhandelaars en supermarkte. Sover vasgestel kan word, is dit ook die eerste wyn wat wêreldwyd in 2010 vrygestel word.

 

Vanjaar het dit, tesame met die Four Cousins Extra Light White (albei het ‘n alkoholinhoud van 9%), die bykomende voordeel van die invloedryke Weigh-Less-endossement, herkenbaar aan sy bekende wit- en groen-plakker.

 

Phillip Retief, besturende direkteur, en een van die vier Retief-neefs wat die familieplaas, Van Loveren Vineyards, bestuur, is baie opgewonde oor hierdie nuwe verbintenis.

 

“Die mark vir ligte wyn is steeds in sy babaskoene in Suid-Afrika en behoort baie groeipotensiaal te bied,” sê hy. “Terselfdertyd behoort dit ‘n wegspringplek vir nuwe verbruikers te skep wat die wynarena wil betree. Die Four Cousins Light-wyne behoort baie gewild te wees met die hedendaagse neiging na meer verantwoordelike wynverbruik, leefstylveranderings en, natuurlik, met hul laer kilojoules vir die gesondheidsbewuste verbruikers. Ons is baie opgewonde oor hierdie wyn se vooruitsigte en trots om saam met Weigh-Less aan verbruikers die heel eerste 2010-wyn te bied.”

 

Noel Barry van Weigh-Less sê: “Weigh-Less is baie tevrede met die uitslag van die nuwe Four Cousins-ontwikkelings en veral die nuwe rosé wat die eerste is in ons reeks goedgekeurde produkte. Lede van Weigh-Less wat wyn geniet, kan nou ‘n ‘wettige’ en smaakvolle Light Natural Sweet Rosé geniet.”

 

 

 

Four Cousins Light Natural Sweet Rosé 2010

 

·                     80% wit muskadel, 20% pinotage, 35,3 g/? ressuiker, 9% alkohol

·                     Die keldermeester se kommentaar: ‘n Heerlike, vrugtige wyn met ‘n aromatiese muskaatneus en ‘n oorvloed soet bosbessiegeure, perfek gebalanseer.

·                     Die wyn is by Ultra Liquors landwyd beskikbaar vanaf 15 Februarie en sal kort daarna by ander afsetpunte gekoop kan word.

·                     Dit sal tussen R24,99 en R29,99 (750 ml) kos.

 

Einde

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

© 2024 Planet Wine | All rights reserved | Privacy Policy

Website Design by Bios Bois - Your IT Nerds of the West Coast

facebookinstagram