Ford stel spesiale weergawe van sy vurige Ranger bekend

Die nuwe Ranger Raptor Special Edition word net in beperkte getalle vervaardig om hulle so eksklusief moontlik te hou, sê Ford. Hierdie taai en vuurwarm dubbelkajuit onderskei homself met sy opvallende en aggressiewe buite-voorkoms en weelderige kajuit.

Maar hy’s beslis nie net “eye candy” nie, daarvoor sorg sy ekstra sterk onderstel, hardekwas vering en skoorsoekwiele. En moenie van sy sogenaamde Terrain Management System vergeet nie. Dis om die lewe ekstra lekker te maak vir die adrenalienverslaafdes.

Laat die koppe draai

Daar’s ’n keuse van Sea Grey, Frozen White, Blue Lightning en Agate Black vir die verfafwerking, met twee matswart strepe op die enjinkap, dak, sykante en agterklap (met rooi strepe vir kontras) om dié bul se warm karakter te onderstreep. Maar daar’s veel meer aan hierdie kalant se voorkoms om enige spiertier breed te laat gimlag.

In die kajuit word die tema voortgesit, maar hierdie keer met die klem op gerief en weelde.

Ford se Ranger Raptor Special Edition word ook toegerus met die 2,0 liter Bi-Turbo-kragbron wat 157 kW en ’n ernstige 500 N.m lewer. Die krag word na die wiele oorgedra deur middel van ’n outomatiese 10-gang-ratkas, dieselfde as in die Ford Mustang.

Die prys vir die Ranger Raptor Special Edition sal nader aan sy bekendstelling in die vierde kwartaal bekend gemaak word, sê Ford.

EINDE

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>