Fleur du Cap Unfiltered Sauvignon Blanc 2011 maak somerdebuut

Date posted:
November 2, 2011

Fleur du Cap, bekend vir sy elegante, ongefilterde wyne, het ‘n nuwe oesjaar van sy Sauvignon Blanc bekend gestel wat hierdie somer op groot skaal sal vier. Die nuwe Fleur du Cap Unfiltered Sauvignon Blanc 2011 is ‘n besonderse somerkos-wyn wat heerlik saam met ryk Namibiese oesters, aspersies, groen slaaie getooi in vinaigrette en pikante Thai-geregte geniet kan word.

 

Die druiwe vir die wyn, afkomstig uit Darling en Kaap Augulhas, is sorgvuldig uitgesoek en die wyn is by Die Bergkelder gemaak om ‘n komplekse, volronde wyn te verseker. Deur staat te maak op natuurlike, tradisionele praktyke in plaas daarvan om die wyn te filtreer, word verseker dat die Sauvignon Blanc eenvoudig oorloop van vrugtesmake en -geure.

 

“Hierdie vars, helder wyn is propvol aromas wat die volle sauvignon blanc-spektrum insluit soos spanspek, wit perskes, lietsjies, appelliefies en ‘n titseltjie aspersie. Dit is besonder goed gebalanseerd, met ‘n weelderige mondgevoel, en het ‘n nasmaak wat op die tong talm”, sê die wynmaker, Pieter Badenhorst.

 

Fleur du Cap se Sauvignon Blanc 2011 is by uitgesoekte boetiekwynwinkels beskikbaar teen ongeveer R95. Vir meer inligting, besoek www.fleurducap.co.za.

 

Einde

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

© 2024 Planet Wine | All rights reserved | Privacy Policy

Website Design by Bios Bois - Your IT Nerds of the West Coast

facebookinstagram