Flagstone stel Writer’s Block Pinotage 2018 bekend

“Ons doel by Flagstone is om wyn te maak wat hulde bring aan die 360-jarige wynmaakerfenis van Suid-Afrika, pragtige wyne wat die smaakkliere laat dans van plesier,” sê Gerhard Swart, hoof-wynmaker by Accolade Wines SA, die eienaar van die Flagstone-handelsmerk.

Wel, met sy jongste bekendstelling, die Writer’s Block Pinotage 2018, het Flagstone beslis in albei doelwitte geslaag. Die wyn is gemaak van druiwe uit ’n enkele wingerdblok hoog in die Waaihoekberge in die Breedekloof. Dit is die hoogste wingerd in die area en geplant in antieke, verweerde garnietgrond.

En die wyn se naam? “Omdat ons deur ons land, sy mense en die wynlande geïnspireer word, gee ons ons wyne spesiale name,” sê Gerhard. “Nes ’n skrywer die uitdagings van ’n moeilike onderwerp omhels, het ons die kompleksiteit van die pinotage-druiwe gebruik om ’n buitengewone wyn te ontsluit.”

Hy sê hulle glo hulle het ’n buitengewone wingerd gevind vir die Writer’s Block Pinotage. “Alles omtrent die wingerd is spesiaal: die kombinasie van grond, helling, klimaat, rigting en kultivar werk briljant!”

Die wyn is gegis en verouder in ’n kombinasie van 63% Amerikaanse, 32% Franse en 5% Hongaarse eikehoutvate. Dit het ’n robynrooi kleur en bied ’n boeket van heerlike, donker rooivrugte soos moerbei en braambessies, mokkasjokolade en Indiese speserye in die neus met sweempies betowerende braambos en kruisement. Die mondgevoel is verrassend ryk en goed gebalanseerd en bied geure van ryp aarbei, kersie en donker braambessie omhels in vanielje en donker sjokolade. Die nasmaak is lank en wulps.

Gerhard sê pinotage is veelsydig genoeg om by ’n groot verskeidenheid disse te pas, van braaivleis en gebraaide springbokfilette tot pikante lamspotjies en selfs Indiese kerrries.

Vir meer inligting, besoek www.flagstonewines.com.

EINDE

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>