Fiver: ‘Koel’-dranke met ’n sweempie Bacchus!

Nie juis lus vir ’n glas wyn nie, maar darem ook nie so “uit” om met ’n koeldrank in die hand gevang te word nie! Wel, wat dan van ’n Fiver?

 

Almal se “gunsteling-neefs”, Van Loveren se Four Cousins, gee mense nou die smaaklike opsie van ’n verfrissende koeldrank met so ’n ligte skoppie. Hierdie reeks pret-in-’n-bottel-drankies is in drie geure beskikbaar, naamlik Cool (appel en lemmetjie), Blush (aarbei en lietsjie) en die jongste toevoeging, Dry (’n suurlemoen-geurtjie). Nou is daar ’n Fiver vir elkeen – of jy nou ’n soettand het of van ’n droër styl hou.

 

Fiver is ’n verfrissende drankie met ’n wyn-basis wat met die geur van 100% natuurlike vrugte gemaak word. Hierdie “vyfde neef” is ’n trotse lid van die Four Cousins-familie.

 

Die bottels is treffend getooi in geel, groen en pienk om opvallend te wees. Dit kan met gemak in die yskas gehou word en is ideaal vir partytjies met vriende of kollegas, verversings wanneer jy aan die gang is of sommer net ’n lekker beloning aan die einde van ’n lang dag.

 

En boonop kan jy jou vriende en familie vermaak met ’n super Fiver-slushy!

 

Om ’n Fiver slushy te maak:

  1. Gooi jou gunsteling Fiver-sespak se inhoud in ’n pot op die stoof.
  2. Laat dit stadig prut.
  3. Voeg een koppie suiker by en roer. As die suiker opgelos is, verwyder die pot van die stoof en laat eenkant afkoel.
  4. Gooi die verkoelde Fiver-mengsel in ’n glasbak, bedek met kleefplastiek en sit vir ’n paar uur in die vrieskas.
  5. Wanneer dit lekker ge-ys het, breek die slushy op met ’n vurk en bedien.
  6. Moenie vergeet om mooi te garneer nie – wat van ’n paar aarbeie, of ’n prettige papierstrooitjie vir ekstra pizzazz.

 

Fiver deur Four Cousins is landwyd by uitgesoekte handelaars beskikbaar teen ongeveer R79.99/sespak of aanlyn per kis by www.vanloveren.co.za.

 

Vir meer inligting, skakel 021 615 1505 of stuur ’n epos aan info@fourcousins.co.za, of besoek www.fourcousins.co.za.

 

EINDE

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>