Pinotage is so Suid-Afrikaans soos … wel, braaivleis, sonskyn en biltong! As jy ’n liefhebber van hierdie “nasionale simbool” is, sal jy beslis belang stel in die beste voorbeelde van hierdie volbloed-rooiwyn uit plaaslike kelders. Die Absa Top 10 Pinotage–kompetisie word vanjaar 22 jaar oud en sal weer eens die 10 heel beste pinotage’s onder die bestes uitlig.
Vanjaar is ‘n rekordgetal van 161 inskrywings vir die kompetisie ontvang. Van die 20 topwyne in die 2018-kompetisie is sewe wyne uit Stellenbosse kelders, terwyl twee van die Franschhoekse inskrywings gemaak is van druiwe afkomstig uit die Stellenbosch-streek.
Vier wynmakerye het uitgeblink met twee wyne elk in die laaste 20, Diemersdal in die Durbanville-wynvallei, Kaapzicht en Kanonkop van Stellenbosch, en Môreson van Franschhoek. Verder is twee van die top 20-wyne uit die Breedelkoof en een uit die Worcester-wynstreek.
‘n Nuwe kategorie, Museum-klas, is die afgelope jaar bekend gestel om te bewys hoe goed pinotage kan verouder. Die Pinotage Assosiasie sê “dis ‘n riem onder die hart om te sien dat wyne van uitsonderlike gehalte in verskillende streke in die Kaapse wynlande geproduseer word”. Die voorsitter van die vereniging, Beyers Truter, en veterane in die bedryf het hul trots uitgespreek oor hoe pinotage die afgelope paar dekades in statuur gegroei het. “Sommige van die beste uitdrukkings van die kultivar verkoop vir meer as R600 per bottel as gevolg van die konstante toename in verbruikersvraag.”
Die finaliste in die 2018- Absa Top 10 Pinotage-kompetisie is:
Allée Bleue Black Series Old Vine Pinotage 2016
WO Piekenierskloof (Franschhoek ), Wynmaker Van Zyl du Toit
Alvi’s Drift Reserve Verreaux Pinotage 2015
WO Worcester, Wynmaker Alvi van der Merwe
Badsberg Pinotage 2017
WO Breedekloof, Wynmaker Henri Swiegers
Beyerskloof Diesel Pinotage 2015
WO Stellenbosch, Wynmaker Anri Truter
Diemersdal Pinotage Reserve 2017
WO Durbanville, Wynmaker Thys Louw
Diemersdal Pinotage 2015
WO Durbanville, Wynmaker Thys Louw
Fairview Primo Pinotage 2016
WO Paarl, Wynmaker Anthony de Jager
Flagstone Writer’s Block Pinotage 2016
WO Breedekloof (Somerset West cellar), Wynmaker Gerhard Swart
Kaapzicht Steytler Pinotage 2015
WO Bottelary-Stellenbosch, Wynmaker Danie Steytler
Kaapzicht Pinotage 2016
WO Bottelary-Stellenbosch, Wynmaker Danie Steytler
Kanonkop Pinotage 2013
WO Simonsberg-Stellenbosch, Wynmaker Abrie Beeslaar
Kanonkop Pinotage 2015
WO Simonsberg-Stellenbosch, Wynmaker Abrie Beeslaar
KWV The Mentors Pinotage 2016
WO Darling (Paarl cellar), Wynmaker Izele van Blerk
Lanzerac Pionier Pinotage 2015
WO Stellenbosch, Wynmaker Wynand Lategan
Lyngrove Platinum Pinotage 2016
WO Stellenbosch, Wynmaker Danie van Tonder
Meerendal Heritage Block Single Vineyard Pinotage 2016
WO Durbanville, Wynmaker Liza Goodwin
Môreson The Widow Maker Pinotage 2015
WO Stellenbosch (Franschhoek cellar), Wynmaker Clayton Reabow
Môreson The Widow Maker Pinotage 2016
WO Stellenbosch (Franschhoek cellar), Wynmaker Clayton Reabow
Rijk’s Reserve Pinotage 2014
WO Tulbagh, Wynmaker Pierre Wahl
Wellington Wines Duke of Wellington Pinotage 2017
WO Wellington, Wynmaker Francois van Niekerk
Die finaliste in die Museum-klas is:
Grangehurst Pinotage 2008
WO Stellenbosch, Wynmaker Jeremy Walker
Kanonkop Pinotage 2006
WO Simonsberg-Stellenbosch, Wynmaker Abrie Beeslaar
Lord Neethling Pinotage 2003
Neethlingshof, WO Stellenbosch, Wynmaker De Wet Viljoen
Neil Ellis Vineyard Selection Pinotage 2008
WO Stellenbosch, Wynmaker Warren Ellis
Rijk’s Private Cellar Pinotage 2008
WO Tulbagh, Wynmaker Pierre Wahl
Vir meer inligting, besoek www.pinotage.co.za.
EINDE