Elgin Ridge se jongste Sauvignon Blanc en Pinot Noir sorg vir plesier regdeur die jaar

Suid-Afrika is die tuiste van slegs ’n handvol gesertifiseerde biodinamiese wynprodusente. Elgin Ridge in die koelklimaat Elgin-vallei is een van hulle. Die eienaars, Brian en Marion Smith, is bekend vir die produksie van ’n klein en uitmuntende reeks wyne wat hul jongste 282 Sauvignon Blanc (van die 2017-oesjaar) en 282 Pinot Noir (van die 2015-oesjaar) insluit.

Volgens Elgin Ridge se wynmaker, Kosie van der Merwe, het goeie reën op die regte tyd bygedra tot die gesonde druiwe wat vir die Sauvignon Blanc gebruik is. Na natuurlike gisting is die wyn vir nege maande op die moer gelos. Die wyn se kenmerkende vrugte-aromas word uitgelig deur die toevoeging van ’n bietjie hout voor bottelering. Die gevolg is ’n Sauvignon Blanc met ’n pragtige, ligte geel-groen kleur en aromas van ryp pynappel, swartbessie en vlierbessie wat na die mond deurgedra word waar daar ook sweempies lemmetjie voorkom. Hierdie geure sorg vir ’n wyn met ’n ryk, getekstureerde einde en pragtig geïntegreerde suur.

Die Elgin Ridge 282 Sauvignon Blanc 2017 is ideaal op sy eie, maar kan ewe goed werk met seisoenale slaaie, seekos en pluimveedisse. Dit is direk by die proelokaal beskikbaar teen R135 per bottel, asook landwyd by uitgesoekte wynwinkels.

Met pinot noir wat beskou word as die “kroonprins” van rooiwyne, glo Kosie dat die Elgin Ridge 282 Pinot Noir 2015 aan al die verwagtinge gaan voldoen. Hierdie rooie word effe later bekend gestel as wat beplan is nadat dit ’n koue en nat winter gevolg deur ’n koel en redelik matige droë somer deurgemaak het. Dit het ’n wyn met ’n diep granaatkleur en aromas van donker kersies, geroosterde kakaobone en titsels dennenaalde in die neus tot gevolg. Die smaak is ’n sameflansing van groen olyftapenade-, donker kersie- en droë salonteegeure.

Aangesien pinot noir een van die wêreld se veelsydigste rooiwyne is, is dit ook die ideale kosmaat, en kan dit regdeur die jaar geniet word. Die Elgin Ridge 282 Pinot Noir 2015 is ’n hemelse ervaring wanneer dit met Beef Wellington, oondgeroosterde hoender of selfs ’n gulhartige sampioen-risotto gekombineer word. Gemakskos en wyn op sy beste!

Die Elgin Ridge 282 Pinot Noir 2015 is op die landgoed beskikbaar teen R250 per bottel, asook landwyd by uitgesoekte wynwinkels.

Vir meer inligting, besoek www.elginridge.com.

EINDE

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>