Elgin Ridge 282 Sauvignon Blanc 2016 – Somer in ’n Glas

Roep die winter vaarwel en verwelkom die somer met ope arms met ’n glas verkilde sauvignon blanc. En moenie verder soek vir daai witte as Elgin Ridge se 282 Sauvignon Blanc 2016 nie, ’n witwyn wat die tonge behoorlik sal  laat gons.

Kosie van der Merwe, ’n gesertifiseerde biodinamiese wynmaker, beskryf hierdie somersensasie as pragtig geel-groen in kleur met aromas van ryp pynappel, soet peer en swartbessie. Terwyl hierdie aromas die inleiding tot hierdie puik wyn is, sal die geure van soet sitrus, peer en spanspek, met sweempies lemmetjie, ’n ryk en getekstureerde mondgevoel bied, met pragtig geïntegreerde suur. Hierdie wyn kan op sy eie geniet word, verkil, of saam met seisoenale slaaie, seekos en pluimveedisse.

Die Elgin Ridge 282 Sauvignon Blanc 2016 is by die proekamer beskikbaar teen R120 per bottel, asook by geselekteerde wynwinkels. Moenie gras onder jou voete laat groei nie!

Vir meer inligting, besoek www.elginridge.com.

EINDE

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>