Elgin Ridge 282 Pinot Noir 2016: ‘n Rooiwyn vir alle seisoene!

Suid-Afrika is die tuiste van net ’n handjievol gesertifiseerde, biodinamiese wynprodusente en die Elgin Ridge-wynlandgoed in die prentjiemooi Elgin-wynvallei is een hiervan. Die landgoed is bekend vir sy reeks uitmuntende wyne, waaronder die Elgin Ridge 282 Pinot Noir 2016.

Dié kultivar word al hoe gewilder onder Suid-Afrikaanse wyndrinkers en is vinnig besig om een van die land se gunsteling-rooiwyne te word. Alhoewel pinot noir-druiwe nie goed aard in warm klimaatstoestande nie, is die koel Elgin-streek perfek vir dié kultivar. Die Atlantiese seebriese verseker dat die druiwe koel gewaai word en uiteindelik gebalanseerde wyne met goeie vrug, fyn suur en mineraalagtigheid lewer.

Elgin Ridge se 282 Pinot Noir 2016 met sy diep robynrooi kleur bied geure van framboos en donker kersies in die neus, met subtiele blom-aromas. Op die tong verleen die suur ’n verfrissende varsheid aan die kersievrugte en blomgeure. Die tekstuur is syagtig met goed geïntegreerde en sappige tanniene.

Pinot noir is een van die veelsydigste rooiwyne en is dus ook ’n puik koswyn. Die wyn is ’n pasmaat wat in koshemel gemaak is, as dit met Beef Wellington, geroosterde hoender of ’n hartlike sampioen-risotto bedien word. Dis trooskos op sy heel beste!

Die Elgin Ridge 282 Pinot Noir 2016 is direk van die plaas en ook landwyd by uitgesoekte wynwinkels beskikbaar teen R250 per bottel. Besoek www.elginridge.com vir meer inligting.

EINDE

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>