Elgin CRUNCH! Pinot Noir 2019 – Wanneer Tradisie en Innovasie hande vat!

Elgin Ridge Wines, bekend vir die produksie van puik gesertifiseerde biodinamiese en organiese wyne, het pas sy CRUNCH! Pinot Noir 2019 bekend gestel, ’n wyn wat beklemtoon waarvoor die dinamiese duo, Brian en Marion Smith, staan – eerlikheid uit die grond uit.

Die Elgin CRUNCH! Pinot Noir 2019 is gemaak van druiwe wat tros en al gepars is en sap wat 50% natuurlik gegis het. Die sap het vir 7 maande in beton-eiers deurgebring wat ’n heerlike, toeganklike wyn vir alledaagse genot tot gevolg het. Die proses wat die wyn deurgemaak het, word beskryf as ’n kombinasie van natuurlike, ouskoolse gebruike en hedendaagse, innoverende tegnieke – ’n harmonieuse vennootskap tussen oud en nuut.

’n Ander opvallende kenmerk van die CRUNCH! Pinot Noir is die feit dat die kurkprop sigbaar is en nie toegedraai in foelie of waks nie. Dis doelbewus gedoen om Brian en Marion se “voete op die grond”-filosofie te illustreer.

Hierdie “vriendelike” rooiwyn wat mens ook aan die somer laat dink, is jonk en vars, ideaal vir genot regdeur die jaar. Die Elgin CRUNCH! Pinot Noir 2019 bied intense geure van framboos en bosbessies met ’n aangename soutigheid wat die mond laat water! Met die kouer maande wat nader kruip, is hierdie wyn elke kosliefhebber se droom en ideaal met ligte pasta- en rysdisse, seekos en selfs bokkaas.

Die CRUNCH! Pinot Noir 2019 is op die plaas self te kry teen R125 per bottel. Sodra die inperking verby is, of dit toelaat, sal alle aanlynbestellings afgelewer word.

Vir meer inligting oor Elgin Ridge Wines en hul wynreeks, besoek www.elginridge.com.

EINDE

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>