Eleksa CityBug – ‘Goedkoop’ elektriese motortjie vir SA mark

Jy sal nie veel wynmakerye met hom kan besoek nie, of die wynlande invaar vir ‘n welverdiende wegbreek nie, maar hy behoort jou darem “goedkoop” na die naaste drankwinkel en eetplek te kan neem!

Die Suid-Afrikaanse handelaar in elektriese voertuie, Eleksa, beplan om die goedkoopste elektriese motor nóg na Suid-Afrika te bring. Die Eleksa CityBug sal glo R200 000 kos.

Hierdie kompakte luikrugbuksie het twee deure en sitplek vir 4 mense, en sal glo ’n top snelheid van 60 km/u hê, ideal vir rondrits in die stad. Dit het ’n litium-battery wat die karretjie in staat stel om 100 km af te lê. Dit kan egter tot 200 km opgegradeer word. Maar dit hang natuurlik alles af van bestuurstyl, die gebruik van sekere toerusting en die vrag.

Die eerste vier CityBugs het reeds in Suid-Afrika aangekom en kan by Eleksa se Pretoriase vertoonsaal gesien word.

Die Eleksa CityBug is 2 960 millimeter lank, 1 480 mm wyd en 1 520 mm hoog. En hy weeg slegs 450 kg.

Standaard-toerusting sluit in lugversorging, elektriese vensters, ’n digitale instrumentepaneel en ’n sogenaamde android-inligting/vermaakstelsel wat USB-openings en geïntegreerde navigasie insluit.

Meer voertuie word vir die toekoms beplan, insluitende ’n Klein bakkie, afleweringsvoertuigie en selfs ’n klein SNV.

EINDE

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>