Eko-vriendelike OBIKWA steek nek uit met nuwe Pinotage

Date posted:
August 16, 2011

OBIKWA, die avontuurlustige reeks kultivarwyne bekend vir hul sin vir pret, plesier en uitstekende waarde vir geld, het ‘n splinternuwe kultivarwyn bekend gestel, ‘n wonderlike pinotage propvol swartbessies, pruime en aarbeie in die neus.

 

Die nuwe OBIKWA Pinotage 2010 is lig op die sak, sag op die tong en het reeds diep spore in die wynbedryf getrap nadat dit die Beste Waarde-toekenning  vir wyne onder R60 per bottel in die tydskrif Wine se  “Best Value Wine Guide” vir 2011 verwerf het.

 

Bo en behalwe uitstekende waarde vir geld, is OBIKWA ook voor op die gebied van eko-vriendelike wyne. In ‘n daadwerklike poging om OBIKWA se koolstofvoetspoor en impak op die omgewing te verminder, was OBIKWA die die eerste Suid-Afrikaanse wyn om oor te skakel na die nuwe, ultraligte, omgewingsvriendelike 350gm-glasbottel van Consol. In die gees van die inheemse OBIKWA-mense, wie se noue verbintenis met hul omgewing  hulle die innerlike wysheid gegee het om die natuur slegs ligtelik aan te raak, weeg OBIKWA se nuwe, ultraligte glasbottel nou 100g minder as vantevore.

 

OBIKWA Pinotage is sag en vrugtig op die tong en ‘n bekostigbare keuse, perfek op sy eie of saam met lekker, sappige pluimvee, rooivleis of pastageregte.

 

OBIKWA se wyne bring hulde aan die avontuurlustige Obikwa-mense met hul uitbundige karakter en kultuurryke sjarme teen ’n bekostigbare prys. Die wyne is beskikbaar by supermarkte of drankwinkels landwyd teen ongeveer R27 per bottel. Wees op die uitkyk vir  die bottel met die uitspattige geel volstruis op die etiket  - jy kan dit nie mis nie!

 

Kom ervaar gerus die nuwe Pinotage en volledige reeks OBIKWA-wyne by die Mercury Wine Week by die Sun Coast Casino and Entertainment World in Kwazulu Natal vanaf  24 – 26 August 2011.

 

Einde

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

© 2024 Planet Wine | All rights reserved | Privacy Policy

Website Design by Bios Bois - Your IT Nerds of the West Coast

facebookinstagram