Eikendal Vineyards verlei die somer met ’n kaaskoek-en-wynervaring

Vars sitrusgeure, gevolg deur ’n ryk, bessieverrassing wat afgerond word met ’n sweempie gesoute karamel-hemel. Hierdie is die smullekker kaaskoeke wat deur Eikendal Vineyards aangebied word as deel van hul splinternuwe kaaskoek-en-wynervaring – die eerste Stellenbosse wynplaas wat hierdie somer só ’n unieke proe-ervaring bied.

Eikendal se vars Sauvignon Blanc dans soos ’n somersbriesie saam met die romerige suurlemoenkaaskoek, terwyl die geurige bessiekaaskoek hande vat met die Sauvignon Blanc- en Chardonnay-versnit. Hierdie liplekker ervaring word afgesluit op ’n hoë noot met Eikendal se bekroonde, ongehoute Janina Chardonnay wat sjarmant sy beste voet voorsit saam met ‘n hemelse, gesoute karamelkaaskoek. Voorwaar ’n voortreflike trio wat elke kalorie werd is!

Benewens die kaaskoek-en-wynervaring, kan gaste ook die volgende geniet:

Wynproeë (wat wyne uit die ekslusiewe Icon-reeks insluit),

’n Koekieproe vir die jongelinge,

Forelhengel,

’n ontmoeting met ’n Cheetah,

Wingerritte en

’n gewilde speelpark vir kinders.

Die gewilde Cucina di Giovanni bied luilekker middag- en aandetes, en gaste kan selfs hul gehaltekuier verleng deur by die Eikendal Lodge te oornag.

Die kaaskoek-en-wynervaring kos R80 per persoon en is beskikbaar van Dinsdag tot Sondag tussen 10:00 en 16:30 tot April 2018.

Eikendal is gerieflik geleë tussen Stellenbosch en Somerset-Wes langs die R44. Vir enige navrae, kontak Chantal-Lee by 021 855 1422 of info@eikendal.co.za.

EINDE

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>