Eikendal vertoon terroir se uitnemendheid in jongste Infused by Earth-wyne

Eikendal het pas die jongste oesjaar van sy vlagskip-reeks, Infused by Earth, ’n terroir-gedrewe versameling wat slegs in uitsonderlike jare geproduseer word, bekend gestel. Abei wyne kom uit 2017, ’n oesjaar wat wyd gereken word as een van Suid-Afrika se beste in die moderne era.

Dit is slegs die tweede keer dat Eikendal hierdie wyne bottel onder die Infused by Earth-etiket. Die eerste oesjaar is in 2018 bekend gestel en het bestaan uit ’n Cabernet Franc 2015 en Chardonnay 2016.

Voor die amptelike bekendstelling van die jongste wyne het Tim Atkin, die bekende Britse wynmeester, die Infused by Earth Cabernet Franc 2017 en Chardonnay 2017 beoordeel en onderskeidelik 95/100 en 94/100 aan hulle toegeken.

Infused by Earth Cabernet Franc 2017

Die druiwe vir die wyn kom uit ’n 20-jarige enkelblok wat in koffieklip-sedimentêre klip en klei groei. Tydens die oes- en wynmaakproses is die minimum inmenging en groot sorg toegepas om te verseker dat die geure wat in die wingerd ontwikkel het in die wyn behoue bly. Dit is in vate verouder en in die middel van 2018 gebottel. Die wyn kan egter vir tot 15 jaar aanhou ontwikkel in die bottel.

Soos sy voorganger sal die Infused by Earth Cabernet Franc 2017 die perfekte pasmaat wees vir verskeie disse, waaronder lamsfrikkadelle in ’n tamatiesous, kalkoen met rooibosbessiesous en geroosterde camembert met roosmaryn.

Infused by Earth Chardonnay 2017

Die wingerde bestaan uit onbesproeide bosstokke wat in verweerde graniet en klei groei. Dit lê hoog teen ’n heuwel wat oor Valsbaai uitkyk en word gereeld deur oseaanwinde karnuffel. Hierdie harde omstandighede laat die wingerde tot hul reg kom.

Die hoofdoel tydens die oes en wynmaak was om die wyn se karakter te behou. Die wyn is vir 16 maande verouder en kan ook oor die volgende dekade aanhou verbeter.

Kosmaats vir die Chardonnay sluit kreef, tarentaal en hoender met ’n haselneutkors in.

Albei wyne is by gespesialiseerde wynwinkels en restaurante regoor Suid-Afrika beskikbaar. Die Infused by Earth Chardonnay verkoop plaaslik teen ongeveer R650 en die Infused by Earth  Cabernet Franc vir R950. Dit word individueel of in ’n stylvolle kissie van drie verkoop.

Vir meer inligting, kontak Eikendal op 021 855 1422 of orders@eikendal.co.za.

EINDE

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>