Eikendal stel tweede oesjaar van skaars Mon Désir Chardonnay bekend

Eikendal buite Stellenbosch het pas die Mon Désir Chardonnay 2018 bekend gestel. Hierdie hoogs begeerlike wyn word net in uitsonderlike jare gemaak, en die 2018-oesjaarwyn kom van druiwe uit die Elgin-vallei met sy koel klimaat. Die eerste keer dat hierdie wyn bekend gestel is, was van die 2017-oesjaar.

“Die 2017 was ’n ongelooflike wegspringplek … en die 2018 neem dit net ’n treetjie verder,” sê Maryke Botha, wynmaker, oor die jongste Eikendal Mon Désir Chardonnay. “Die wyn se suiwerheid en sterk struktuur is uitstekend, en met daardie skeutjie vuursteen kan jy jou amper verbeel jy staan in Boergondië.”

Die aromas en geure wat in die wyn verwag kan word – wat perfek gebalanseer word deur oordeelkundige eikehoutveroudering – sluit vars sitrus en lemoenbloeisel in. Hierdie eienskappe is tipies van die kloon wat gebruik is en wat tradisioneel vir die maak van vonkelwyn gebruik word.

Die Eikendal Mon Désir Chardonnay 2018 se identiteit rus op drie pilare. Die eerste, die vrugte, is afkomstig uit ’n wingerd wat op die vallei se bodem in skaliegrond groei. Die oesjaar se gehalte was só uitsonderlik dat Eikendal besluit het sy oorsprong verdien om as Wyn van Oorsprong: Elgin uitgesonder te word.

Elgin se koeler klimaat is ideaal vir chardonnay. Gematigde dae en koeler nagte laat die druiwe toe om nie net stadiger ryp te word nie, maar hul organoleptiese eienskappe – geur en aroma – kan tot optimale kompleksiteit ontwikkel. Die hoër natuurlike suur wat op hierdie manier behaal word, laat die wyn toe om langer te verouder, wat tot die tweede en derde pilare van die 2018 lei – wynmaak en veroudering.

Die wyn is vir 14 maande in Franse eikehoutvate verouder waar dit ’n meer geronde geurprofiel én mondgevoel verkry het. Dis gevolg deur verdere veroudering – hierdie keer in die bottel – waar dit net minder as twee jaar gehou is.

“Die wyn se boustene is van só ’n aard dat dit van nou vir ten minste nog tien jaar sal aanhou verbeter,” voeg Maryke by.

Die Eikendal Mon Desir Chardonnay 2018 is nou beskikbaar teen ’n kleinhandel prys van ongeveer R320 per bottel.

Vir meer inlgting, kontak Eikendal by 021 855 1422 of stuur ’n epos aan orders@eikendal.co.za.

EINDE

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>