Durbanville-wynvallei onthul ‘historiese’ Cabernet Sauvignon

Die GS Cabernet Sauvignon van 1966 word as ’n ware Suid-Afrikaanse ikoon beskou, maar die wingerd van sy geboorte bestaan nie meer nie. Dit het egter nie ’n paar vooraanstaande Kaapse wynmakerye afgeskrik nie en hulle het die oorspronklike wyn “nageboots” en ’n Cabernet Sauvignon gemaak uit wingerde uit dieselfde streek.

Hoewel die GS en die nuwe The Master’s Vineyards Cabernet Sauvignon geensins met mekaar vergelyk kan word nie, laat albei die kollig val op die gehalte van die terroir van die Durbanville-wynvallei waar wyn reeds sedert die 17de eeu gemaak word.

Die GS Cabernet Sauvignon 1966 is deur die tydskrif Wine Spectator beskryf as “die enigste ware klassieke wyn wat nóg in Suid-Afrika gemaak is”. In 2015 het die Britse wynkenner, Jancis Robinson, die wyn volpunte gegee.

’n Jaar later het Durbanville Hills en Diemersdal saamgespan om ’n gedenkwyn te skep met die ondersteuning van die streek en verskaffers in die wynbedryf. Die gevolg is ’n wyn wat vir 24 maande in Franse eikehoutvate verouder en in 2018 gebottel is, in dieselfde claret-styl wat in 1966 gebruik is.

Die Britse wynmeester, Tim Atkin, het die The Master’s Vineyards Cabernet Sauvignon 2016 beskryf as “’n uitmuntende wyn met cassis- en tabakgeure, subtiele eikehout en ’n pittige, verfrissende suur”. Hy het bygevoeg: “Slegs 1 200 bottels (geproduseer), ai.”

Die druiwe vir die Durbanville The Master’s Vineyards Cabernet Sauvignon 2016 kom vanaf die plaas Morgenster. Die wyn word in driebottelkissies verkoop teen R950 per kissie en is beskikbaar by wynprodusente in die Durbanville-wynvallei en aanlyn by www.winefly.co.za.

EINDE

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>