Die langverwagte 2011- Durbanville Hills Merlot Rosé is nou landwyd beskikbaar. Hierdie wyn, wat die tonge gaan los maak met sy uitlokkende aarbei- en framboosgeure, brei die Durbanville Hills-reeks van kosvriendelike wyne uit en bied veelsydige genot regdeur die jaar.
Gunther Kellerman, die wynmaker, sê dis ? wyn vir elke geleentheid en elke jaargety, of jy dit nou op ? somersaand saam met vriende oor ? bordjie tapas geniet, op ’n wintersaand met gebraaide eend, met bessienageregte in die lente of vlamgeskroeide tuna in die herfs.
Gunther sê hy is trots daarop dat hy met hierdie rosé van merlot-druiwe verbruikers se proe-ervaring kan uitbrei.
“Deur ’n baie gewilde kultivar soos merlot te gebruik, spreek ons ook verbruikers aan wat normaalweg witwyn verkies. Rosé word meestal van ander rooidruifsoorte gemaak, maar deur merlot te gebruik, bied ons ’n heerlik verskillende geurdimensie met pragtige moerbei-kenmerke.
“Die wyn, wat lig in styl is, toon sweempies framboos en titsels roosblare in die neus wat lei tot ’n droë mondgevoel met vars somerbessies op die tong. Geniet hierdie wyn met mezze-borde, slaaie en hoender-, eend- en tunadisse.”
Die druiwe wat gebruik is, kom van ’n enkele laagliggende wingerd op ’n suidelike helling en waar die grond se vogvlakke sorg vir klein korrels wat, danksy hul uitstekende dop-tot-vrugverhouding, ’n intense kleur- en geurspektrum bied.
Die druiwe is in Februarie teen 21 tot 23° Balling met die hand gepluk. Die sap is vir vier uur op die doppe gelaat om die wyn sy aanloklike, ligte aarbeikleur te gee. Die sap is vir twee weke in ’n temperatuurbeheerde staalktenk gegis en vir nog twee weke op die moer gelaat om varsheid en die mondgevoel te verkry.
Die 2011- Durbanville Hills Merlot Rosé sal na verwagting sowat R37 kos.
Einde
© 2024 Planet Wine | All rights reserved | Privacy Policy
Website Design by Bios Bois - Your IT Nerds of the West Coast