Durbanville Hills Sparkling Rosé sit ekstra vonkel in die lewe!

“Ek drink sjampanje wanneer ek wen, om te vier … en ek drink sjampanje wanneer ek verloor, om myself te troos!”

Napoleon Bonaparte het destyds nie álle vonkelwyn in gedagte gehad nie, maar indien hy sou, sou Durbanville Hills se jongste Sparkling Rosé sekerlik ook getel het. Hierdie vonkelwyn kan ook op verskeie maniere geniet word – op sy eie; in kreatiewe, awemrowende mengeldrankies; en in kombinasie met soet lekkernye.

Die vonkelwyn is gemaak van 50% shiraz en 50% cabernet sauvignon. Die komponente is afsonderlik gegis, toe versny en gefiltreer voor bottelering.

In die neus kom vars, ryp aromas van aarbeie en sitrus voor, asook hope Turkse lekkers, roosblare en spookasem. Verfrissende geure van ryp bessies met pomelo en spookasem kenmerk die smaak.

Geniet hierdie wyn op sy eie, vertkil, of saam met gemegde bessies en room, vars oesters, gerookte salmforel, soesji of klewerige varkribbetjie.

Die Durbanville Hills Sparkling Rosé sluit by die wynmakery se Sparkling Sauvignon Blanc en MCC aan en kos R90 per bottel.

Vir meer inligting, besoek www.durbanvillehills.co.za.

EINDE

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>