Durbanville Hills se restaurant ontvang internasionale toekennings

Durbanville Hills se Tangram Restaurant het nie minder nie as drie toekennings ontvang by die jaarlikse Haute Grandeur Global Restaurant Awards. Die toekennings is vir “Beste Suid-Afrikaanse Kookkuns op ’n Internasionale Vlak”, “Beste Restaurantbestuurder in Suid-Afrika” en “Beste Fynproewer-kookkuns in Afrika”.

Van Suid-Afrika se mees bekroonde restaurante het in verskeie kategorieë meegeding, insluitende La Colombe, Myoga, Jardine, Hartford Koi, Text Kitchen en Pot Luck Club, om net ’n paar te noem.

Die Haute Grandeur Global Restaurant Awards gee erkenning aan gasvryheidservarings oor sewe kontinente en in meer as 60 lande. Toekennings word gedoen deur ’n streng graderingsproses wat gebaseer is op ’n unieke konsep wat eksklusief is aan Haute Grandeur. Dit maak staat op terugvoer van gaste eerder as op die publiek se stem of beoordeling.

Die Tangram Restaurant is bekend vir sy skouspelagtige uitsigte op Tafelberg en Tafelbaai. Die sjef Tamzin Ehlers gebruik net die varsste bestandele en verseker met kreatiewiteit vir ’n uitsonderlike visuele en smaak-ervaring.

Die toekennings van Haute Grandeur Global Restaurant Awards sit die restaurant se indrukwekkende lys eerbetonings van die laaste ses jaar voort. Dit sluit in die 2019- sertifikaat vir uitnemendheid van TripAdvisor, beste restaurant in die wynlande (Restaurant Week 2015 en 2016), beste restaurant in Suid-Afrika (Restaurant Week 2017) en top restaurant op TripAdivor (2018).

Die Tangram Restaurant is oop vir ontbyt, middagete en aandete. Besprekings kan gemaak word by https://www.durbanvillehills.co.za/our-restaurant/.

EINDE

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>