Met die temperatuur wat daal en die blare wat verkleur, is dit weer tyd vir vullende maaltye en volronde rooiwyne. Durbanville Hills se Shiraz van 2010 met sy geroosterde en rokerige geure sal beslis jou behoefte aan ’n robuuste maar sappige wyn bevredig.
Die eiesoortige karakter van hierdie wyn word beïnvloed deur die verskillende wingerde van waar die druiwe kom en deur die 12 maande wat dit in Franse eikehout deurgebring het.
Geure van peper en naeltjies, met so ’n titsel vanielje in die neus, lei tot ’n vrugtige en speseryagtige mondgevoel. Dit eindig in sweempies vanielje en soet hout.
Bedien die Durbanville Hills Shiraz 2010 met ? lamsnekpotjie, peperbiefstuk, wildspastei of geroosterde eend. Of met biltong terwyl jy sport op TV kyk.
Die Durbanville Hills Shiraz 2010 kos sowat R75 en is by alle vooraanstaande drankwinkels en kettingwinkelgroepe beskikbaar.
Einde
© 2024 Planet Wine | All rights reserved | Privacy Policy
Website Design by Bios Bois - Your IT Nerds of the West Coast