Dubbelgoud vir De Krans Pinotage Rosé op Rosé Rocks

De Krans se gewilde Pinotage Rosé het dit weer reg gekry! Vir die tweede agtereenvolgende jaar het hierdie lig rooskleurige wyn ’n gesogte dubbelgoudtoekenning los geslaan op die jaarlikse Rosé Rocks-kompetisie. Vanjaar is die toekenning gedoen aan die 2019-oesjaar van die wyn.

Rosé Rocks is die eerste kompetisie van sy soort in Suid-Afrika wat geheel en al toegewyd is aan rosé-wyne en poog nie net om uitnemendheid in die produksie van rosé te erken nie, maar ook om hierdie opwindende wynstyl in Suid-Afrika te bevorder. Vanjaar se kompetisie het plaas gevind onder die voositterskap van die bekende wynkenner, Allan Mullins, wat aan die hoof van ’n paneel van vyf ander bekendes in die wynbedryf gestaan het.

Die De Krans Pinotage Rosé 2019 is propvol rooivrugtegeure met ’n goed gebalanseerde suur wat lei tot die wyn se vars smaak. Elegante aromas van roosblare, spookasem en sweempies aarbei word bespeur. De Krans het aanvanklik ’n rosé van ander kutivars gemaak, maar met pinotage, Suid-Afrika se eie en unieke rooi kultivar, het die landgoed uiteindelik die regte noot getref.

Nadat die druiwe ontstingel en fyn gedruk is, is die sap feitlik onmiddellik van die doppe verwyder wat tot die wyn se pragtige, ligte roosblaarblos gelei het. Terwyl die donkerder skakerings van pienk en rooi gewoonlik dui op ’n soeter smaak, het die ligter kleur van vandag se rosé-wyne byna sinoniem geword met ’n droër styl.

Die De Krans Pinotage Rosé 2019 kos slegs sowat R69 per bottel en is op die landgoed of landwyd by die meeste drankwinkels beskikbaar.

Vir meer inligting, besoek www.dekrans.co.za.

EINDE

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>