Du Toitskloof se Sauvignon Blanc bied verligting van die hitte!

Date posted:
October 3, 2012

Die lente en somer is tye vir middagetes in die buitelug, luilekker Saterdagmiddae op die stoep … en ’n glas koue sauvignon blanc. Du Toitskloof se 2012- Sauvignon Blanc is net die wyn om in jou yskas aan te hou vir daardie dae wanneer jy ’n verfrissende glas wyn soek.

 

Dis ook die eerste van hierdie wynmakery se wyne wat in die nuwe liggewig-glasbottels van 415g bekend gestel word teenoor die vorige bottels van 455g. Dit sal meebring dat die nuwe bottels se koolstofafdruk aansienlik kleiner is aangesien hulle nie net ten volle herwinbaar is nie, maar ook minder energie benodig om gemaak en vervoer te word.

 

Volgens die hoof-wynmaker, Shawn Thomson, sal vanjaar se sauvignon blanc beslis indruk maak aangesien die druiwe wat vroeg ge-oes is hoë suur en geure van gras en soetrissie getoon het, terwyl die druiwe wat later ge-oes is weer geure van appelliefie en tropiese vrugte ten toon gestel het. Die finale versnit bied ’n komplekse reeks geure met ’n pragtige balans en ’n vars, talmande nasmaak.

 

Die Du Toitskloof Sauvignon Blanc 2012 is by alle vooraanstaande drankwinkels beskikbaar teen sowat R32 per bottel.

 

Einde

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

© 2024 Planet Wine | All rights reserved | Privacy Policy

Website Design by Bios Bois - Your IT Nerds of the West Coast

facebookinstagram