Drostdy-Hof, toeganklike wyne met ’n ryk erfenis van gehalte, het hul Wynmakersversameling vir vier van hul mees gewilde wyne in ’n slank nuwe gerieflike en bekostigbare drieliterverpakking uitgebrei.
Die Drostdy-Hof-wyne kan nou elke dag geniet word in hul nuwe verpakking teen ’n billike prys wat gelykstaande is aan vier bottels vir die prys van drie. Drostdy-Hof se Chardonnay, Sauvignon Blanc, Merlot en Cabernet Sauvignon met hul kragtige, opvallende en aanloklike vrugtegeure word nou ook in die handige verpakking aangebied. Die witwyne is teen ongeveer R76 en die rooies teen sowat R84 by supermarkte landwyd beskikbaar.
Bo en behalwe die ongelooflike waarde vir geld is die nuwe Drostdy-Hof-verpakking so veelsydig dat jy nooit sonder wyn hoef te wees nie. Dis perfek vir buitemuurse aktiwiteite en somerpieknieks. Die slanke verpakking pas gerieflik in jou yskas se deur, verkoel in ’n japtrap, bly langer koud en omdat daar geen lug ingelaat word nie, bederf dit nie nadat jy jou eerste glas geskink het nie.
Drostdy-Hof Sauvignon Blanc 2010 is ’n lewendige, vrugtige wyn wat oorloop van appelliefie, lietjie en vars gesnyde gras. Die verfrissende sommerwyn is heerlik met vis en hoenderdisse.
Drostdy-Hof Merlot 2009 is ’n vrygewige wyn propvol bessies en pruime. Dit gaan goed met pasta- en vleisdisse gepaard.
Drostdy-Hof Cabernet Sauvignon 2009 is ’n medium tot volronde wyn met swartbessies en pruime in die neus en ryk vrugte- en pruimgeure in die mond. Dis ’n goeie pasmaat vir pasta, wildsvleis en kalfvleis.
Die Drostdy-Hof Wynmakersversameling is gewild onder plaaslike sowel as internasionale wynliefhebbers as gevolg van die wyne se gehalte, toeganklikheid en waarde vir geld in ’n verskeidenheid van groottes en verpakkings na almal se smaak. Dié wyne beeld die warm Suid-Afrikaanse gasvryheid by elke geleentheid uit en bring families en vriende saam.
Einde
© 2024 Planet Wine | All rights reserved | Privacy Policy
Website Design by Bios Bois - Your IT Nerds of the West Coast