Vier hierdie feesseisoen met Drostdy-Hof Adelpracht 2009, trots in tradisie en geanker in die goue jare van die verlede.
Drostdy-Hof Adelpracht 2009 keer terug na sy kenmerkende goue etiket wat erkenning gee aan die statige De Oude Drostdy in Tulbagh, die tuiste van die alombekende Drostdy-Hof-wyne.
Die nuwe verpakking weerspieël ‘n warm gevoel van egtheid en erfenis, eienskappe wat dit ‘n eg Suid-Afrikaanse treffer vir wynliefhebbers met ‘n soeter mond maak. Hierdie wyn is propvol geure van gedroogde appelkose, ryp bessies en rosyntjies met ‘n sinspeling van tropiese vrugte wat oorvloei in die mond met geure van vars en gedroogde vrugte.
De Oude Drostdy, gestig in 1804, was die streek se eerste landdroshof en word dus as een van Tulbagh se belangrike historiese geboue beskou. Vandag is De Oude Drostdy ‘n museum met ‘n merkwaardige versameling van vroeë Kaapse meubels en huishoudelike items, sowel as ‘n unieke geleentheid om die gewilde reeks Drostdy-Hof-wyne in die oorspronklike kersbeligte kelder onder die gebou te proe.
Ingestel op trotse tradisie en volhoubare kwaliteit sedert 1973, bly Drostdy-Hof Adelpracht 2009 toegewy aan die belofte dat elke jaar ‘n goeie jaar is. Koester die wyn saam met ligte kerrievis, hoender, lamsvleis en pikante oosterse disse of geniet dit op sy eie in al sy goue glorie tydens die feesseisoen.
Drostdy-Hof Adelpracht 2009 is beskikbaar teen sowat R25 ‘n bottel by uitgesoekte wynhandelaars. Vir meer inligting, skakel (023) 230-0203 of besoek www.drostdywines.co.za.
Einde
© 2024 Planet Wine | All rights reserved | Privacy Policy
Website Design by Bios Bois - Your IT Nerds of the West Coast