Drink jou nagereg!

Date posted:
March 1, 2010

Gee jou volgende eetmaal so bietjie ekstra flair deur die nagereg te los (asook die gepaardgaande moeite!) en bedien eerder die über-stylvolle 2001 Monis Muscadel op ys.

 

Hierdie bekroonde muskadel, topaaskleurig, met so ’n verleidelike rooi gloed, is gevul met heerlike nagereggeure soos rosyntjies, Kerskoek, kaneel en subtiele sitrus, en eindig in ’n fluweelsagte en talmende mokka-nasmaak.

 

Bedien in ’n martini-glas met gebreekte ys. Verhoog die ervaring deur die bottel en glase koud te maak in die yskas voor jy skink.

 

Hierdie volsoet muskadel is gemaak van rooi muskadeldruiwe uit die Breëriviervallei en het vyf jaar lank in Franse eikehoutvate van 500 liter gelê.

 

Die 2001 Monis Muscadel, wat in ’n elegante, langwerpige bottel aangebied word, sal na verwagting sowat R80 vir ’n 500ml-bottel kos.

 

Einde

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

© 2024 Planet Wine | All rights reserved | Privacy Policy

Website Design by Bios Bois - Your IT Nerds of the West Coast

facebookinstagram