Drie SA wyne haal gesogte ‘World’s Most Admired Wine Brands’-lys

Suid-Afrika se wynmakers tel onder die wêreld se heel beste! En dis nie net die tallose toekennings op die internasionale toneel waarmee plaaslike wyne elke jaar weg stap wat hierdie stelling onderstreep nie.

 

Drie Suid-Afrikaanse wyne het pas die gesaghebbende Drinks International se “World’s Most Admired Wine Brands’-lys gehaal.

 

Nederburg het die beste gevaar en beklee die 41ste plek op die lys van 50 wyne. KWV  is volgende in 45ste plek, met Tokara derdein die 48ste plek. Dis die eerste keer dat Tokara die lys haal.

 

Meer as 200 van die wêreld se voorste wynmeesters, sommeliers, opvoeders en joernaliste het top handelsmerke teen mekaar opgeweeg vanjaar. Daar is gevra of die wyn van volgehoue gehalte is, of dit in gehalte verbeter het, of dit die streek of land van oorsprong weerspieël, of dit voldoen aan die behoeftes en smake van sy teikenmark, of dit goed bemark en verpak word, en of dit byval vind by ’n wye demografie.

Die nommer 1-plek vanjaar is ingeneem deur die Spaanse Torres-handelsmerk wat in 1870 ontstaan het. Dis ‘n verbasend bekostigbare wyn en kan vir teen minder as R90 per bottel in Suid-Afrika gekoop word.

EINDE

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>