Drie nuwelinge hou die kollig op Botrivier-wynstreek

Wynliefhebbers vergeet van die Botrivier-wynstreek tot hul eie nadeel! Hierdie wynstreek is letterlik “klein maar getrein” en bewys dikwels die ou gesegde dat dinamiet in klein pakkies kom, waar.

Luddite en Genevieve MCC, twee van die streek se bekende produsente, het pas drie nuwe wyne op die mark gebring – ’n shiraz met die DNS van ’n kampioen, ’n splinternuwe shiraz van die land se beste oesjaar, ’n baie spesiale sjampanje wat net in uitsonderlike jare gemaak word.

Hierdie “drieling” is:

  • die It’s a Shiraz 2017, ’n wyn wat deur Alice Verburg, die Luddite-eienaars, Niels en Penny Verburg, se dogter gemaak is. Die wyn is ligpers en spog met skeutjies viooltjie, spesery, donker vrugte en ’n titsel kaneel in die neus, terwyl die gebalanseerde smaak spreek van sappige rooi vrugte en speserye.
  • Niels se eie Luddite Shiraz 2015 (foto bo), ’n donker, kersiekleurige wyn met geure van speserye, struik, naeltjies en donker kersievrug in die neus. Op die tong is dit vars, droog en speseryagtig met donker vrugte en kaneelstokkies. Daar is hooi, blare en droplekkers op die middeltong en ’n verfrissende, lang, droë nasmaak.
  • die Genevieve MCC 2015 Zero Dosage (regs), ’n vonkelwyn met elegante finesse en subtiele mineraal- en witvrugtegeure. Dit het ’n verfrissende liniêre smaak en skoon einde.

Die wyne is op die plase en by uitgesoekte winkels beskikbaar. It’s a Shiraz 2017 kos R200 per bottel, die Luddite 2015 Shiraz sowat R600 per bottel en die Genevieve MCC Zero Dosage tussen R275 en R300 per bottel.

Luddite Wines is weeksdae oop vir proeë van 9vm tot 4nm en naweke op afspraak. Kontak die plaas by 028 284 9308 of stuur epos na Penny@luddite.co.za. Genevieve MCC is slegs op afspraak oop. Kontak Melissa by Melissa@genevievemcc.co.za.

EINDE

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>