DRC breek Europese rekord vir wyn op veiling

Die jongste veiling van Christie’s in Londen het “merkwaardige” resultate vir sowel Boergondiese as Italiaanse wyne opgelewer, insluitende ’n nuwe rekordprys vir ’n kis wyn wat in Europa verkoop is. Die kis van 12 bottels Domaine de la Romanée-Conti 1988 is vir £264,000 verkoop!

Die veiling het altesaam £1.9 miljoen se wyn van die hand gesit. Bo en behalwe die rekordbrekende wyn uit Boergondië, het wyn van 23 van Italië se top landgoedere ook onder die hamer gekom.

Ander hoogtepunte van die veiling was ’n 12-literbottel Ornellaia 2015 (op die foto) wat vir £3,600 verkoop is, 18 bottels Solaia van die 2001-, 2004- en 2007-oesjare wat vir £3,360 van die hand gesit is en 6 bottels Cavallotto Barolo Riserva San Giuseppe van die 1964-, 1967-, 1971-, 1985-, 1996- en 2001-oesjare wat ook £3,360 gehaal het.

EINDE

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>