Dit reën internasionale silwer vir Zonnebloem in Londen

Date posted:
October 16, 2012

Zonnebloem het ’n totaal van agt silwer medaljes by vanjaar se International Wine & Spirit Competition in Londen opgeraap. Twee daarvan was “uitstaande” silwer toekennings.

 

Zonnebloem se 2009- Shiraz en die 2011- Limited Edition Sauvignon Blanc was die sterre van dié oorvloed silwer, wat die gelyke van dubbel silwer medaljes vir uitnemendheid is.

 

Die ander silwer medaljes is toegeken aan die Zonnebloem Shiraz, Cabernet Sauvignon en Shiraz/Mourvedre/Viognier, die 2009-oesjaar van die rooi Laureat-versnit en die Cabernet Sauvignon, asook die 2011- Viognier.

 

“Ons is baie in ons noppies omdat dié medaljes so breedweg oor die reeks toegeken is,” sê Deidre Samson, Zonnebloem se internasionale woordvoerder. “Ons beskou dit as ’n bevestiging van ons benadering, naamlik dat gehalte tyd kos, en uitnemendheid ’n bietjie langer. Ons werk al baie geslagte lank met dieselfde druiwevoorsieners. Hulle verstaan ons behoeftes baie goed, en saam met die ervaring van ons kelderspan lewer dit wonderlike resultate op.”

 

Einde

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

© 2024 Planet Wine | All rights reserved | Privacy Policy

Website Design by Bios Bois - Your IT Nerds of the West Coast

facebookinstagram