Dit gloei goud op Veritas!

Date posted:
October 13, 2010

 

* Lomond, die Gansbaaise wynmakery op die heel suidelike breedteligging van -34° 34’ suid, het twee dubbelgoue medaljes op die Veritas-toekennings ingepalm, die een vir sy 2008- Estate Syrah en die ander vir die 2008- Single Vineyard Conebush Syrah. Hierbenewens het Lomond se Snowbush Limited Edition 2009 ’n goue medalje gewen.

 

* The KWV 20 Year Old Potstill Brandy won double gold, whereas the Laborie Alambic and Imoya brandies each received gold. Earlier this year, the Laborie Alambic Brandy was voted the best brandy in the world at the International Wine and Spirits Competition in London for 2010.

 

* Klipdrift Gold, die uniek Suid-Afrikaanse brandewyn, het dubbelgoud verwerf op vanjaar se Veritas-toekennings. 

 

 

Links: Monis se 2004- Muscadel het ook dubbelgoud los geslaan.

 

* KWV The Mentors Sauvignon Blanc Semillon 2009 was awarded double gold at this year’s Veritas Awards, with gold going to the KWV The Mentors Sauvignon Blanc 2009. The double gold accolade, the first award for KWV The Mentors Sauvignon Blanc Semillon 2009, follows a long list of accolades for the KWV The Mentors range.

 

* Die buitengewone 2004- Monis Muscadel het dubbelgoud los geslaan op vanjaar se Veritas-toekennings in Kaapstad. Dit volg op die onlangse goue medalje wat op die Muscats du Monde in Frankryk verower is en die platinum-toekenning wat die wyn op vanjaar se prysuitdeling van die Suid-Afrikaanse Muskadelassosiasie ontvang het nadat dit goud toegeken is vir die produk self sowel as sy unieke verpakking.

 

* Durbanville Hills se enkelwingerd- Biesjes Craal Sauvignon Blanc 2009 het ’n goue medalje los geslaan op vanjaar se Veritas-toekennings in Kaapstad. Dit volg kort op die hakke van die goue medalje wat hierdie wyn op vanjaar se Michelangelo International Wine Awards gewen het en op verlede jaar se benoeming as een van die tydskrif WINE se top 10 sauvignon blancs.

 

Einde

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

© 2024 Planet Wine | All rights reserved | Privacy Policy

Website Design by Bios Bois - Your IT Nerds of the West Coast

facebookinstagram